
Foto: Pixabay
Terry Terblanche is sestien jaar oud en deel ’n gedig met LitNet:
5 woorde
Is al wat ek by jou wou hoor
5 woorde is al wat jy by my sal hoor
Elke dag, elke nag
Ek is mal oor jou
My lewe het begin toe ek jou ontmoet
My lewe sal eindig
As ek jou moet groet
Ek het eens nie geglo in liefde
Tot die dag wat ek jou ontmoet
Ek sal saam jou 'n pad stap
Verder as die Otter, Tsitsikamma en die Boesmanshoekpas
Ek het al vergeet hoe lewe
Sonder jou was
Ek klink dalk cliché
Ek klink dalk ironies
Ek klink dalk deurmekaar, uitgesproke
Of dalk, net dalk
’n Greintjie telefonies
Maar moenie twyfel in dié 5 woorde,
Ek is mal oor jou ...
Ek is lief vir jou