Is jy in graad 6 en moet jy binnekort Afrikaans Huistaal-eksamen skryf? Eugene van der Westhuizen het vraestelle opgestel wat kan help met jou hersiening. Skink ’n glasie limonade en oefen met hierdie vraestel om jou beste eksamenpunt nóg te behaal!
Klik hier om die vraestelle gratis in PDF-formaat af te laai (die memo is onderaan die vraestelle)
Lees ook:
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 6, intermediêre fase)
Kommentaar
Ek gee tuisonderrig vir Graad 7 kinders, dus wil ek nou eers hersiening doen van die Graad 6 werk, voor ons die Graad 7 werk aanpak.
Ek doen huiswerk met 'n Graad 6-dogter en 'n Graad 4-seun.
Goeiedag. Dankie vir jou navraag. Dalk kan dit hulle help om vraestelle voor die eksamen uit te werk om hulle met hulle voorbereiding te help. Hier is 'n skakel na die volledige indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Klik op die skakels om die vraestel of memo gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding vir die eksamen! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Gee my asb 'n Afrikaans-toets.
Baie dankie vir jou navraag! Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te kyk wat alles daar beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek wil hoor of u my Geskiedenis-vraestelle het van graad 6, vierde kwartaal.
Hallo! Dankie vir die kommentaar. Ons help graag. As jy op soek is na nog vraestelle, hier is nog hulp. Hier is 'n skakel na die indeks op LitNet waar al die vraestelle op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Dit word spesiaal deur vakkundiges vir LitNet opgestel. Ons brei dit voortdurend uit en voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle by as dit nog nie daar is nie. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Gebruik dus gerus die vraestelle om met voorbereiding te help. Voorspoed daarmee! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek soek graag na 'n rubriek vir geskiedenisprojek soos onder andere 'n ikoon wat bydrae gemaak het tot die demokrasie van Suid Afrika.
Hallo! Kyk na hierdie bron oor die geskiedenis van Suid-Afrika wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/nuwe-geskiedenis-van-suid-afrika/. Blaai daardeur om te sien waaroor of oor wie jy jou navorsing wil doen. Sterkte met die taak, groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder