Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
’n Magtige dreuning: dit is die lied van die ou én die nuwe Suid-Afrika
2020-02-12Voor 1990 was Nelson Mandela ’n gevangene in ’n tronk, en Suid-Afrikaners gevangenes van ’n ou bedeling. Mandela is in 1990 vrygelaat, maar is Suid-Afrikaners teen 2020 al vry van magsdiskoerse wat op hulle afgedwing word?
Nou in die verlede: Die verborge oorsprong van Nelson Mandela se Long walk to freedom
2020-02-11"Presies 30 jaar gelede was die wêreld se oë, saam met dié van die meeste Suid-Afrikaners, gerig op die hekke van die Victor Verster-gevangenis (nou die Drakenstein Korrektiewe Sentrum) net buite die Paarl in die Wes-Kaap."
Afrikaanse strokiesprente en 'n huldiging aan Wim Bosman
2020-02-07"Dit staan egter soos ’n paal bo water dat ná Honiball, dit Wim Bosman was wat die Afrikaanse strokiesvaandel hoog gehou het."
Duiwelsduo: die eerste boekeoorlog
2020-02-06Vuurwarm boekduiwels Deborah Steinmair en Jonathan Amid vat mekaar aan oor boek- en skryfsake. Skerp, slim, voor op die wa, insigryk en belese, ontstigtelik en ondermynend. Hier is die eerste salvo.
LitNet Akademies Weerdink: Brexit
2020-02-05Op 31 Januarie 2020 om 23:00 het die Verenigde Koninkryk (VK) sy lidmaatskap van die Europese Unie (EU) na 47 jaar beëindig. Wat is die gevolge wat Brexit inhou vir die VK, die EU en ander state?
Nou in die verlede: Cry, the Beloved Country en Alan Paton se vrese
2020-02-03“Ten einde die siklus van vrees te breek, moet Suid-Afrikaners mekaar se vrese verstaan.”
LitNet Akademies-resensie-essay: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2020-02-03“Van Heerden kry dit reg om van die belangrikste probleme wat Suid-Afrika en ook die groter wêreld konfronteer, aan te spreek in ’n verbeeldingryke fiksionele struktuur waarin oortuigende karakters mekaar opponeer, beïnvloed en bepaal.”
Wil Anker dan Acker wees?
2020-01-31"Karakters mag steel en plunder, maar tot hoe ’n mate mag skrywers dit doen?"
Buysdorp, Red Dog en ’n besinning oor die geskiedenis
2020-01-30"Vir my maak besinning oor die kwessie ’n ander dimensie oop: Is die Anker/Whyle/McCarthy-projek nie ’n bevestiging van die transkontinentale aard van ’n deurslaggewende periode van gewelddadige kolonialisering van mense wat as wit mense se minderes beskou is nie?"
Red Dog en die illusie van skande
2020-01-29"Is die slotsom dus nie soseer dat plaaslike skrywers te geredelik leen in hul tekste nie, maar dat plaaslike kommentators soms so blindelings beïndruk kan word deur ’n enkele opinie, bloot omdat dit in die Noordelike Halfrond uitgespreek word, dat dit hul eie gesonde oordeel lamlê?"
Willem Anker, Red Dog en Vrye Weekblad
2020-01-29"In verlede week se Vrye Weekblad het daar uit die pen van Deborah Steinmair ’n nogal felle aanslag op Willem Anker se veelbekroonde roman Buys verskyn."
Ontgroening: ’n pleidooi vir integrasie en solidariteit
2020-01-28"Ek wil dus ’n kopskuif oor ontgroening voorstel: integrasie, met die einddoel van inklusiwiteit en solidariteit."
Nou in die verlede: Gedenk Auschwitz, Frans Fischer en Ferdinand aus der Fünten
2020-01-27"Gedurende hierdie week vergader wêreldleiers van oor die hele aardbol in Pole om op 27 Januarie die bevryding van gevangenes uit die Auschwitz-Birkenau-doodskamp 75 jaar gelede te gedenk."
Auschwitz-Birkenau: 75 jaar ná die bevryding
2020-01-27"Op 27 Januarie 2020 is dit 75 jaar nadat die reuse-konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau deur troepe van die Rooi Leër bevry is. ... Ons, en ons kinders en hulle kinders, moet juis hiervan weet."
Nou in die verlede: Teignmouth Melvill, Nevill Coghill en die koningin se Vaandel
2020-01-22"Op 22 Januarie 1879 is die magtige Britse leër een van sy swaarste nederlae deur die Zoeloe-krygers by Isandlwana toegedien. ... Dit is terloops hierdie slagting wat die gewilde wyle Johnny Clegg geïnspireer het om 'Impi' te skep."
Toekomsgerigte grondhervorming moet ideologiese kitsoplossings vervang
2020-01-15"Ideologiese dogmatici in Suid-Afrika mors in elk geval met mense se tyd, geduld en welsyn deur aldag te sit en wag vir die geskiedenis se noodwendige trein van progressie om ons te kom oplaai terwyl hulle onbenullige voorbereidings vir ’n revolusionêre toekoms tref."
LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister
2020-01-09"Marita van der Vyver se werk lees só lekker dat ’n mens dit op die sand by die see, knus onder die komberse met ’n beker warm sjokolade, of selfs hoog in die berge met ’n kopliggie in ’n grot wíl lees."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika. Deel 2 deur WAM Carstens en Edith Raidt
2020-01-08"Hier staan Afrika in die sentrum en gaan die storie eintlik oor hoe Afrikaans wortel geskiet het in Suidelike Afrika."
LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019
2020-01-08In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.
