Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Japie Helpmekaar-gedenklesing: opbouende aktivisme broodnodig
2019-07-02"Wie van ons jong mense is vandag bereid om, soos die vele leiers, denkers en aktiviste van ouds, die misbruik van mag in Suid-Afrika te troef?"
’n Ongedoofde lamp: Die dagboek van Anne Frank
2019-07-02"Die aandag aan haar dagboek in die Afrikaanse media by die herdenking van wat haar 90ste verjaarsdag sou gewees het, bevestig vir my dat Anne Frank se dagboek ’n lamp is wat nie gedoof kan word nie, omdat die pit nie uitbrand nie. Dit gooi sy lig wyd en ver."
Behind the Fifth Wall
2019-06-27"To compare this scenario, where songs were routinely banned, musicians harassed and/or locked up, and parties and gigs teargassed, with the rock scene of today is like comparing porcupines with export grapes. It’s not only impossible; it’s simply not useful."
Hongkong se gees trek saam
2019-06-26"As die nuwe wet aanvaar word, verduidelik Ng Ngoi-yee, kan enigiemand wat in Hongkong woon, besoek, besigheid doen of op ’n aansluitingsvlug wag, aan die Chinese vasteland uitgelewer word."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4
2019-06-25"Zeús was volgens Homerus (Hómêros) die “Vader van die gode en mense”. Zeús word egter nêrens voorgestel as (’n/die) Skepper nie. Na sy eie arbitrêre keuse het Zeús goed én kwaad vir die sterflike mens uitgedeel. Zeús was sy eie soewereine norm wat die mens nie straffeloos durf naboots het nie."
Leonardo da Vinci – veelsydige genie
2019-06-25"Historici beskou hom as die prototipe van die universele genie en die 'Renaissance-mens', ’n individu van onblusbare nuuskierigheid met ’n vindingryke verbeelding, een van die mees veelsydige en talentvolle mense wat ooit geleef het, ’n vernuftige ingenieur en uitvinder – wat die Nederlanders noem ’n 'vernufteling'."
SONA 2019: Cyril, ons man by die robotte
2019-06-24"Binnekort gaan robotte wat huise skoonmaak, alledaags wees, of so wil die ideaal dit hê. Florence (en miskien Nkosi ook) gaan dit nie alleen meer nié kan bekostig om die Gautrein te neem nie, sy gaan die bietjie werk wat sy het, ook nie meer kan kry nie."
Private-sector involvement as a key driver of successful land reform
2019-06-20"Ultimately, developing a new generation of farmer and successful models for facilitating land reform is not only a necessity in achieving a more equitable society, but also represents a commercial imperative to develop the successors to a fast dwindling and ageing population of white, commercial farmers."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 3
2019-06-19"Nou is dit so dat die ou Grieke ook die verhaal van die Groot Vloed vertel het. Vader Zeús het ook besluit om alle mense in ’n Groot Vloed te laat omkom (verdrink) omdat hulle nie meer op die regte wyse vir die gode op die Berg Ólumpos hul offerandes gebring het nie."
Die siel van die akademie
2019-06-19"So pas is opgemerk dat sowel in die verhoor van Sokrates as in die verhoor van Christus nóg die goeie argument, nóg die veelseggende stilswye van die verhoorde genoeg was om sy onskuld te handhaaf en sy lewe gespaar te kry, en wel omdat die verhoordes die teiken van ’n ander agenda was. Ook Mandela en Breytenbach was by nabetragting die slagoffers van ’n ander agenda." Lees Johann Rossouw se professorale intreerede aan die Universiteit van die Vrystaat.
Mikrodosering?
2019-06-12Heinz Mödler skryf onlangs in ’n dagbladrubriek dat "pasiënte met middelweerstandige depressie en posttraumatiese stres, vir wie daar nie meer raad is nie, kan baat vind deur ’n kort kursus LSD ..., ecstasy ... of magic mushrooms ... te neem". Handré Brand ondersoek hierdie stelling.
Human rights and cultural relativism in Africa
2019-06-10"Are human rights absolute, or are they relative to cultural – including religious – beliefs and practices? The recent passing of anti-abortion laws in Alabama in the USA was done with evangelistic religious fervour, with Governor Kay Ivey stating that the passing of the law was a 'powerful testament to Alabamians’ deeply held belief that every life is precious and that every life is a sacred gift from God'."
Nuwe vaartbelynde kabinet, of slegs kosmetiese veranderinge?
2019-06-04"Feit bly staan, die gordel is nie regtig ingetrek nie; die boep sit net op ’n ander plek."
Binyavanga Wainaina se "Hoe om oor Afrika te skryf"
2019-05-30"Sonsondergange en hongersnood tref immer die kol. Span altyd die woord Afrika of Donkerste of Safari in die titel in."
Mogoeng Mogoeng en die Bybel by Ramaphosa se inhuldiging
2019-05-29"Moet ’n mens dus maar wegkyk? Is hy dan nie juis ’n voorbeeld van hoe om geloof met amp te versoen nie?"
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 2
2019-05-27"Ek het pas hier, vir die eerste keer, hierdie afleiding op skrif gestel (naamlik dat die naam van die Hoofgod van drie groot godsdienste tans ter sprake) een en dieselfde oorsprong het – tentatief, maar met redelike sekerheid."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 1
2019-05-23"In die ná-mitologiese, dws historiese, tydvak van ou Griekeland was Zeús die Oppergod van hulle komplekse panteon van 12 gode (dôdekátheon) wat hul permanente verblyf gehad het op die Berg Ólumpos (met 2 985 meter die hoogste berg in die Griekse Balkan), geleë reg op die grens tussen Thessalië in Noord-Griekeland en Macedonië."
LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie
2019-05-17"Hierdie skitterende werke behoort voorgeskrewe materiaal vir elke (voornemende) literatuurwetenskaplike te wees, nie alleen wat betref die inhoud nie, maar veral wat die skrywer se metodologiese omgang met die tekste betref."
LitNet Akademies Weerdink: Skottelbraai in Ghoema-land: die grense van Steve Hofmeyr se identiteitspolitiek
2019-05-16"Al die meestersimbole van Afrikanerskap is in die visuele beelde van 'Die Land' sigbaar: die landelike bestaan van wit mense (nou grootliks verstedelik, maar nog simbolies en kultureel daarmee verbonde), patriargale verhoudings, wit manlikheid en die paternalistiese verhoudings met swart werkers."
Verkiesingsuitslae en kultuurbelange
2019-05-14"Die VF+, AfriForum en hul aanhangsels soos Steve Hofmeyr speel natuurlik mooi saam deur ou kolonialistiese vlae rond te swaai, musiekvideo’s van die Gelofte te maak of net Afrikaans te praat in die parlement. Die koeël is deur die kerk – enige stryd om Afrikaans het nou sinoniem met ver-regse nostalgie vir die ou Suid-Afrika geword."
