Rooibos, erfenissimbool

  • 0

Pedro Dausab (foto: Menán van Heerden)

Die volgende LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)-artikel oor rooibostee het in 2014 verskyn.

Nadelige spoorelemente in tee en kruietees: die geval van rooibostee versus ander kommersiële tees en kruietees

En nou is rooibostee weer in die nuus. Die Khoi en San gaan baat vind by die rooibos- en heuningbosbedrywe na onderhandelings wat nege jaar lank geduur het en ‘n ooreenkoms wat onlangs onderteken is. Lees die nuusstorie hier.

Pedro Dausab, Nama-aktivis, skryf vir LitNet sy reaksie op die nuus.

Op die nuus in Oktober/November 2019  het dit geblyk dat die Khoe- en San-gemeenskappe baie bly was dat hulle erkenning gekry het vir rooibos as hul erfenissimbool. 

Vir my was dit ook verblydend, want dit het my ver laat terugdink oor my kinderjare, veral op die plaas. Daar was spottenderwys gesê: "Sago namgo ka tēb xara ǀhorokai-e?”, wat beteken: “Word julle Namamans deur tee dronk gemaak?” 

* !Garoba xuts ga ǁgâsa se ǀkhi-o ǂkhari ǀapatē-e / ǂnūtē-e ro-e āre. (As jy van die veld af dors kom, drink klein rooi of swart teetjie.) 

*  Tēro e ǂnâpate ita  khoa re.  (Skink vir my tee laat ek verfris word.) 

Rooibos is ‘n inheemse struik, veral aspalanthus contaminatus van die blare en stingels, waarvan ‘n ligrooi tee berei word wat sonder tannin is, ook die tee hiervan verkry; bossies naaldrooi speldtee of rooibostee is eerste deur ‘n dr Notier in Clanwilliam gekweek.

Rooibostee word tans uit Suid-Afrika na verskillende lande uitgevoer, onder andere na Amerika, Duitsland, Frankryk en Japan.  Rooibostee is groot besigheid in Japan.

Daar is baie artikels oor die voordele van rooibostee, soos die een deur Lydia van der Merwe (4 Februarie 2019): "Dis een van die natuur se wonderwerke. 'n Magiese plant wat natuurlike helende vermoëns besit."

Sarie Kos, Oktober/November 2012 gee vyf redes waarom rooibos goed is:

  • Beskerm jou teen kanker
  • Vir die hart en ander organe
  • Vir stres
  • Vir die lewer
  • Vir allergieë. 

“Skink 'n koppie vol gesondheid.” Maroela Media, 3 Oktober 2016.

Die Burger, 8 Julie 2016: “Los eerder die drank, drink tee.”

Daar lê 'n interessante, wye navorsingsveld vir rooibostee, want die tydskrifartikels is nie empiries oftewel wetenskaplik gefundeer nie.

Ek wil my verstout om te sê: Wanneer daar wel navorsing vir rooibostee gedoen word, moet dit asseblief deur Suid-Afrikaners wees en nie oorsese akademici nie. 

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Die geveg virrie “rooi goud”

Nadelige spoorelemente in tee en kruietees: die geval van rooibostee versus ander kommersiële tees en kruietees

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top