Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Vroue in die politiek
2019-01-14"Alexandria Ocasio-Cortez is ’n naam wat hopelik nog lank in die Amerikaanse politiek gaan weergalm. Selfs nog voor haar inhuldiging het ouer Republikeinse politici haar al begin aanval, die duidelikste teken nog dat hulle haar as ’n ernstige bedreiging beskou."
Die muur: Trump se obsessie, demokrasie die prys?
2019-01-09"Trump met die magte wat ’n noodtoestand hom gee, sal Hitler soos ’n amateur laat lyk. Beheer oor die pers, beheer oor sosiale media, magte om bankrekenings te vries en besittings af te neem, magte om mense in hegtenis te neem sonder die normale beskermings. Klink bekend, nie waar nie?"
Hoe goed lyk die toekoms vir die Good-party?
2019-01-09"Die politieke landskap kan na die verkiesing heel anders lyk indien Good goed by die stembus – veral in die Wes- en Noord-Kaap – vaar en so die koningmaker tussen al die groot partye, soos die ANC, EFF en DA, in die parlement en in provinsiale wetgewers van die Wes- en Noord-Kaap word."
Crime pays? Bringie doodstraf trug, dan kyk ôs
2019-01-08"As djy voel om jouself te gedra soes ʼn monster dan moet djy mos die gevolge dra van dit, of hoe?"
Verkiesing 2019: vir wie om te stem?
2018-12-18"Dis die vraag wat my soms laat rondrol in die nag: hoekom stem mense vir iemand wat vir hulle geen voordeel inhou nie, en wat hulle inderwaarheid aktief benadeel?"
Sending aan onwilliges
2018-12-12"As Chau die Sentinelese se 'nee' respekteer het, sou hy vandag nog gelewe het."
Van skrywers, boeke en lesers (Deel 3)
2018-12-06"Kinders het nie veel keuses gehad daai tyd nie, maar niemand het ons keuses in die biblioteek bevraagteken nie. Dalk juis daarom dat biblioteke vandag nog vir my die ultimate demokrasie is. Almal is gelyk. Almal se keuse word gerespekteer. Lesers is ’n tribe. Ons ken mekaar uit waar ons ook al gaan. En dis kosbaar. Dis onvervangbaar."
Hoe lyk ’n bruin mens?
2018-12-05"Dit bring na vore dat bruines nie almal eenders lyk nie. Hulle is nie vervelige fotokopieë van mekaar nie. Vele bloedlyne deurkruis die psige van bruinwees. Die genetiese boustene van menswees lê dus almal in bruinwees opgesluit."
Van boeke, lesers en skrywers (Deel 2)
2018-11-27"Klaskamers bars uit hul nate en een leerkrag kan nie aan elke leerder die nodige aandag gee nie. As jou kind in graad 1 nie onmiddellik leer hoe om te klank nie, hoe om sigwoorde te herken nie en hoe om basiese somme te doen nie, het jy reeds met ʼn agterstand begin."
Van boeke, lesers en skrywers (Deel 1)
2018-11-22"Woorde, die smaak, tekstuur en klank daarvan is ’n oneindige bron van verwondering. En om dit dan saam te groepeer op ’n manier wat nie net sin maak nie, maar wat ander mense laat soebat vir nog – dis ’n tipe magic, met skrywers as die abrakadabra-towenaars."
Reguit boempies sonner respek
2018-11-22"Dis ʼn skok en ʼn sêdness om te sien hoe die skole deesdae in ʼn toestand is, en mee soe die kinnes. Toe ek op skool gewiesit, was daa maa oek sulke goed, maa daa was nettie smartphones ommie goed te recordie."
Summe specials en hot deals
2018-11-15"Ek dra hoep vi ’n bietere toekoms in my are. Wan ek sien dan hoe ek die internet gebruik om my eie liewe te vebieter. En ek gloe mos maa altyd, as ek dit kan doen, wat is vekeerd mettie neks pesoon om oek soe te kan maak."
Inderdaad feestelik by Prince Albert Leesfees
2018-11-09"Die fokus is stewig op boeke en leeswerk. In daardie opsig weerstaan hulle nog die versoeking wat soveel ander feeste tref om dit in ’n verskeidenheidskonsert te probeer omskep. Hierdie fees vergeet nie dat hulle probeer om lesers tevrede te stel nie."
Die P-woord is ’n Kaapse vetaling vannie V-woord.
2018-11-05"Nou om dié te vetaal sê iets innie lyn van voëltjies sing vroegoggend voorie kat. En die gesegde betieken dat as djy te vroeg celebrate dan gan djy veloo. Maa as dit in Kaaps geskryf moes wôd, of selfs in sogenaamde Standaardafrikaans, dan gat dit heeltemal iets anners betieken."
Die VSA se middeltermynverkiesing
2018-11-05"Die reaktiewe aard van politieke opposisie deur die Demokratiese Party sedert oudpresident Barack Obama die Withuis in 2017 verlaat het, sal Dinsdag tydens die middeltermynverkiesing min of geen bydrae maak tot die sukses van die Demokrate by die stembus nie."
Hoe die ander kant lewe
2018-11-01"Sy’s nie ’n tweede ma nie, sy’s ’n bediende, en jy gebruik haar nog steeds om jou wit skuldgevoelens te probeer besweer deur ’n nuwe verhaal van idilliese saambestaan te vertel. Newsflash. Dit was waarskynlik nie idillies vir haar nie. Dit was beslis nie idillies vir haar kinders nie."
Die beeldsending van verhore: publieke belang of Reality TV v 2.0?
2018-10-22"En watse belang het die publiek regtig om die grafiese besonderhede te weet van wat tydens ’n aanval gebeur het? Is ons nie besig om te vergeet dat terwyl dit popcorn entertainment vir ons is, dit die herlewing van die verskriklikste ervaring van die klaagster se lewe is nie? Waar is ons compassion?"
Suid-Afrika en die ekonomiese resessie
2018-10-18"Die belastingbasis kan egter vergroot word net indien meer mense werk het om belasting te betaal. Dit is die groot olifant in die vertrek."
Kavanaugh, vroueregte en die toekoms van protes
2018-10-17"The handmaid’s tale is nie meer net ’n distopiese verhaal nie. Dis ’n waarskuwing, ’n blik op ’n potensiële toekoms, een wat vroue nie kan bekostig nie. Nie nou nie, nie ooit nie."
