Boekrubrieke
Gereelde boekrubrieke
Regular book columns
Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre
2025-12-02"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."
PenAfrican: AI and the future of creative arts – why writers are not as replaceable as we fear
2025-11-24"The best writers are not merely stylists; they are custodians of sensibility. They bring with themselves the heaviness of culture, memory, grief, humour, private ghosts, inherited silences and the rest of the untranslatable textures of lived experience. They write from the grain of their mother tongue. They write from provincial landscapes that the internet has never indexed, not yet anyway. They write from the pain of exile, from the taste of a city’s dust and from history that refuses to be archived. AI, for all its omnivorous reading, knows only what is online."
Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard
2025-11-19"Bettina Wyngaard herinner my met hierdie boek dat misdaadfiksie nie net oor bloed en spanning gaan nie – dit gaan oor mense. Oor die lyding wat soms in stilte gebeur. En dat hoop nie altyd lyk soos goud nie, maar eerder soos mense wat bereid is om alledaagse mense teen die ergste van ons samelewing te beskerm."
Heil die Leser!: Van liefde en van moord
2025-11-18"Ek dek twee heeltemal uiteenlopende genres in die rubriek: eerstens, die meedoënlose joernalistieke beriggewing oor ’n grusame moord op ’n vrou; en dan, ’n Romanza waarin die leser ontvlug en weer aan die liefde wil glo. Al is dit suiwer fiksie."
Boekevat met Deborah: Die man van elders deur Helene de Kock
2025-11-18"Iets wat my geval van liefdesverhale, besluit ek, is die goeilikheid. Is dit ’n woord, die juiste woord? Daar is ’n gapende vallei tussen lig en donker en die goeie mense is van goedheid aanmekaargesit, selfs al het hulle in hul prille jeug growwe flaters begaan. Verlossing is moontlik en die leser glo dat die goeie gaan seëvier."
Heil die Leser! Carpe diem! ’n Selfhelpboek en ’n romanse
2025-10-22Nini Bennett-Moll skryf oor ’n selfhelpboek, To health with it! deur Tebogo Thekisho: "As sy eerste boek ’n memoires van oorlewing was, is hiérdie een ’n manifes vir die soewereiniteit van persoonlike welsyn"; en oor ’n Romanza, Om Isla op te pas deur Elsa Winckler: "Uiteindelik is daar net twee tipes stories, om Chris Barnard aan te haal: goed geskrewe of swak geskrewe verhale. En Winckler se verhaal is ’n knapgeskrewe een."
Goue lint, my storie begint: Humor in kinderliteratuur
2025-10-21"Nou wat sou humor wees sonder ’n gepaste praktiese toepassing? Jy wil mos lag en nie jouself bekommer oor hoe die spykers en skroewe inmekaarsteek nie. En waar vra jy, liewe leser, sal humor die beste werksplek vind? Skole."
PenAfrican: Straddling borders, crafting nation: On Morafe by Khumisho Moguerane
2025-10-20"Morafe: Person, family and nation in colonial Bechuanaland, 1880s-1950s is a landmark achievement. Khumisho Moguerane has written a history that matters for our time by filling the lacunae in southern African historiography."
Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien
2025-10-09"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."
Boekevat met Deborah: Bonsaimeisies deur Erla Diedericks en Mother Mary comes to me deur Arundhati Roy
2025-09-22"Ek skryf oor twee boeke, ’n boeiende Afrikaanse riller en ’n oorsese juweel."
Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
2025-09-22"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.
PenAfrican: Sir Herbert Baker: a biography by John Stewart – a book review
2025-09-17"What bugged me most about the book was Stewart’s interpretive framework. It is shaped by an uncritical acceptance of imperial ideology, even as he softly mocks it sometimes."
Cliff-hanger: Die 13de dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-09-16"Vir my as iemand wat ’n bietjie – oukei, baie – bygelowig is oor Vrydag die 13de, was hierdie boek heerlik om te lees."
Boekevat met Deborah: Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger en Undone deur Michelle Roniak
2025-09-03"Die boek is uiters leesbaar en die leser kry ook ’n blik op Liezel as kind en jongmens. Wat ’n gebrek is, is dat ons geen insae kry in Werner se psige en verlede nie. Dis mos altyd die tergvraag: Hoe word iemand ’n monster?"
Heil die Leser! Oor verganklikheid en verlies: alles van waarde is weerloos
2025-08-14"Die bekende en nimlike digter Melanie Grobler se vyfde digbundel het onlangs by Naledi verskyn. Ek het by die digter gaan kers opsteek oor dié aangrypende nuwe bundel, en haar ’n paar vrae gevra wat my geprikkel het tydens die leesproses."
Boekevat met Deborah: Moord en mooi woorde
2025-08-13"My gevoel is: Solank mense lees, is daar hoop."
Cliff-hanger: Jy hóéf nie nou te lees wat almal lees nie
2025-08-13"Maar hier is die waarheid: Lees is nie ’n wedloop nie. En boeke leef baie langer as wat dit in die hande van jou gunsteling-influencer oor jou skerm dans."
Boekevat met Deborah: The interpreters, saamgestel deur Sean Christie en Hedley Twidle
2025-07-29"Ek het my dae lank verloor in die lywige bundel The interpreters. Dit bevat van die beste niefiksie van die 21ste eeu. Dis ondersoekende, skeppende joernalistiek uit die boonste rakke – daardie soort beriggewing waarvoor nie genoeg mense wil betaal om aanlyn te lees nie."
Cliff-hanger: The comrade’s wife by Barbara Boswell – a book review
2025-07-17"The comrade’s wife isn’t just a powerful novel, but a necessary one. It interrogates power, silence, gender, race and survival with the tenderness of a friend and the clarity of a scholar. No notes. Just awe."
Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud
2025-07-16Nini Bennett-Moll skryf oor boeke wat vroulike trauma aanspreek: "Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef."
