Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
2019-01-28"Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ʼn tema."
Die Uile vlieg weer deur Cor Dirks: ’n jonglesersindruk
2019-01-24"Die seuns van die bende is Philip die leier, die slim Jorsie, die ronde Vaatjie, die sportiewe Berrie en die hakkelende Hennie, andersins bekend as die Groot Uil, sy adjudant en drie manskappe, en hulle is verbind tot reg en geregtigheid. Hulle bly op die dorpie Kranskop."
Briewe uit Brielshoop deur Helene Olivier: ’n resensie
2019-01-23"Die roman bevat inderdaad die meeste van die tiperende eienskappe van briefliteratuur. Soos soveel briefskrywers deur die eeue is Henna se briefskrywery ’n manier om haar alleenheid, selfs eensaamheid, op te hef, om uit te reik na ’n simpatieke en bekende oor."
Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n FMR-boekresensie
2019-01-23"Vir die masochistiese hoendervelvraat wat floreer op vrees en sielkundige rillers wat jou meesleur na ’n nagmerriewêreld wat jou deurnag wakker hou, is hierdie debuutroman soos ’n inspuiting vir ’n dwelmslaaf – seer, maar salig."
’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo: ’n resensie
2019-01-22"Ek het regtig ’n groot aanhanger van Hugo se werk geword, juis omdat sy die vermoë het om mense se innerlike wroegings só goed te verwoord. Haar karakters kry ’n lewe tussen die bladsye en dis soos vriende vir wie jy moet koebaai sê as jy die laaste bladsy klaar gelees het."
Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans: 'n FMR-resensie
2019-01-21"As jy nou ’n roman wil lees oor ongewone gebeurtenisse in wêrelddele wat vir jou minder bekend is, is Nooit meer slaap nie dié boek vir jou."
Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers
2019-01-17"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."
Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie
2019-01-15"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."
Kantelpunt deur Sophia Kapp
2019-01-14"Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?"
Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis
2019-01-14"Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool."
1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2019-01-10"’n Leser wat deeglik ingegrawe is in die literêre verkenkuns, sal altyd weet dat enige kode in ’n teks soos 1 Recce, wat die meesternarratief skynbaar klakkeloos onderskryf, soos ’n Claymore-myn lê en wag om raakgetrap te word."
Die wêreld van die storie deur Willie Burger
2019-01-09"In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom."
Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe
2019-01-08"Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer."
Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie
2019-01-07"Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen."
50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie
2019-01-04"In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sêding op een bladsy."
Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie
2019-01-04"Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters."
Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie
2019-01-03"Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind."
Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n resensie
2018-12-19"Lennet het intense herinneringe aan sy voormalige geliefde in die stad, Cecilia. Dit verryk die storie en werp lig op Lennet se verliese en hunkeringe. Ander geheueflitse en staaltjies uit sy jeug word ook vernuftig ingeweef."
Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn: ’n resensie
2018-12-18"Alles in ag genome, is die roman ’n aangename leeservaring – soms kompleks, maar nie ontoeganklik nie; deurgaans met die tong stewig in die kies, maar met enkele donker skaduwees."
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-12-14"Die troebel tyd van Ingrid Winterbach is ’n meesterlike roman."
