Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Reader impression: Where do you go to by Jean Cerfontaine
2019-08-21"Despite the occasional punctuation blunder many a self-published book is guilty of, Where do you go to is a lovely and unforgettable read, and a fitting tribute to Sarstedt’s song; and, although one expects a feel-good ending culminating in Marie-Claire learning more about the first few years of her life, the revelation still comes as a surprise."
LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel
2019-08-15"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."
Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie
2019-08-14"Beide skrywers is dit eens dat ons in ons denke oor God en lewe die blik op die kosmos moet integreer. Ons moet besef dat ons binne ’n verweefdheid met alles om ons leef; dit sal meebring dat ons die lewe hier en nou sal sien as heilig en daarvolgens wíl leef."
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
2019-08-14"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."
"'n Gladde klippie in 'n suiwer stroom": Corlia Fourie se digdebuut
2019-08-13"Die gedigte gaan meestal oor tipiese sake of kenmerke van die spesifieke vrou waaroor die gedig handel en waarmee die leser reeds vertroud is. Wie 'mites' wat met betrekking tot vroue in stand gehou het wil eien en ontmasker, moet self en interpreterend hierna op soek gaan."
Die groot koelte deur Leon de Villiers: ’n lesersindruk
2019-08-12"Leon de Villiers is bekend vir sy eerlike hantering van aktuele kwessies, tog is dit sensitief genoeg om nie aanstoot te gee nie. Sy boeke maak dit vir jong lesers moontlik om te verstaan waardeur ander tieners gaan en om ʼn kapasiteit vir empatie te ontwikkel."
Kaap, kerrie en koesisters deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien: ’n resensie
2019-08-12"My raad is: koop een. Pos dan ’n tweede boek aan jou famile- en vriende in Kanada of waar ook al, sodat jy self aan hul tafel lekker warm kan eet wanneer jy eendag daar gaan kuier."
Die jaar toe Pa ... deur Hannes Visser: ’n resensie
2019-08-04"Tog is dit wat jou bybly ná die laaste bladsy, die horlosie wat nooit weer teruggedraai kan word nie. Dit wat gesien en ervaar is, kan nie verander word nie. Die seer waaraan die seun blootgestel is, veral in sy vormingsjare, is 'n bitter werklikheid."
Breaking a rainbow, building a nation by Rekgotsofetse Chikane: reader impression
2019-08-04"Breaking a rainbow, building a nation is painful reading. The book documents the disillusionment of young people with South Africa."
In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer: ’n resensie
2019-08-02"Gestroop is dalk een manier om dit te beskryf, maar dit laat nie reg geskied aan die magdom betekenismoontlikhede wat die skrywer se woordkeuses en rangskikkings wel tot stand bring nie."
Review: Remnants restante reste by Annette Snyckers
2019-07-30"Writing in English, Afrikaans and German, Snyckers explores the possibilities of translation and creative expansion."
Christo Wiese: risiko en rykdom deur TJ Strydom: ’n lesersindruk
2019-07-25"’n Mens sal kan argumenteer dat Christo Wiese: risiko en rykdom ’n boek is wat in sy doel slaag – en as die onderwerp jou prikkel, is dit die lees werd."
FMR-resensie: Donker bloeisel deur Jacques le Roux
2019-07-24"Donker bloeisel deur Jacques le Roux is ’n toeganklike roman oor ’n bekende gedeelte van ons land se geskiedenis. Maar dit is ongelukkig nie tipografies en redigeringsgewys goed genoeg versorg nie."
Leon de Kock se André P Brink en die spel van liefde: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2019-07-18"’n Kwesbare, magtelose en worstelende man kom tot gestalte, teenoor die reeds bekende beeld van die 'groot' en briljante skrywer en ewige Don Juan."
Betsie, meneer Tier en die blou maan deur Sally Gardner: ’n lesersindruk
2019-07-18"’n Verhaal geskryf vir jong lesers van omtrent ses tot tien jaar wat handel oor ’n jong meisiekind, Betsie Glorie, wat saam met ’n tier op ’n avontuur gaan."
Reader impression: A captain's journey by Neil Tovey
2019-07-18"A captain’s journey details a fascinating time in the history of South African soccer, with the sport making the shift from semi-professional to professional."
Resensie: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp
2019-07-15"Dit is ’n verhaal oor haat en geweld, maar ook met ’n onverdunde boodskap van hoop, liefde en inspirasie."
Boekresensie: Verslag deur Clinton V du Plessis
2019-07-15"Verslag demonstreer Du Plessis sy fyn aanvoeling vir die menslike psige. Hy is een van die min Afrikaanssprekende digters wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike dog deernisvolle wyse verwoord."
Resensie: Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais
2019-07-15"Lees gerus hierdie bundel. Jy sal dit weer wil lees."
Jonglesersindruk: Karre en kroeks deur David Walliams (vertaal deur Kobus Geldenhuys)
2019-07-12"Ek het Bad dad gelees voordat ek Karre en kroeks gelees het. Die boek is vir my goed vertaal."
