Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Humboldts avonturen overtuigend verstript

Hendrik-Jan de Wit NeerlandiNet 2019-11-27

"Daarmee is de biografische strip De avonturen van Alexander von Humboldt een must voor elke liefhebber van de natuur, ontdekkingsreizigers en waanzinnig spannende verhalen."

Bibi Babbelbek praat tot sy blou word: ’n lesersindruk en ’n onderhoud met die skrywer

Berdéhan Brand, Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2019-11-25

"Bibi Babbelbek praat tot sy blou word verdien ’n spesiale ruimte in die biblioteek van elke omgee-ouer."

Resensie: Brisant deur Hein Viljoen

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-11-25

"Die epos lees vloeiend en maak mildelik gebruik van die uiteenplasingstegniek wat momentum gee aan die leeshandeling en soos ’n springveer die volgende versreël(s) voortsneller."

Resensie: Mooier as Marilyn deur Anita du Preez

Elize Parker Resensies 2019-11-22

"Die teks loop soos stroop sodat die verhaal se pas vinnig en op ’n drafstap in hoë hakkies op Kaapse keistene is."

Resensie: Waterberg echoes deur Richard Wadley

Gerard Scholtz Resensies 2019-11-22

"Protea Boekhuis word gelukgewens met hierdie praguitgawe deur Richard Wadley, vir wie dit 'n lewenstaak was om hierdie omvattende boek saam te stel."

FMR-resensie: Vervleg deur Petro Hansen

Danie Botha Resensies 2019-11-22

"Daar's nog ’n soort vervlegting in die boek: Die afsonderlike rubrieke word in so ’n volgorde geplaas dat skakels onderling ontstaan."

Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Anke Theron Resensies 2019-11-20

"Die karakters worstel elkeen met ’n tweeledige proses van (her)belewing; hulle beleef dit in die verlede en herbeleef dit met verloop van die roman."

Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman

Alta Cloete Resensies 2019-11-15

"Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou."

Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter

Nadine Petrick Resensies 2019-11-14

"Sewe-en-veertig is die ideale leesstof vir die naderende somervakansie en dit bevat al die regte bestanddele om jou vas te pen in ’n leesgreep wat moontlik jou familie gaan irriteer."

Resensie: Shadow flicker deur Melissa A Volker

Yolanda du Toit Resensies 2019-11-14

"Melissa slaag ongetwyfeld daarin om die leser vasgenael te hou, van begin tot einde."

Resensie: Penseel-studentebundel 2019

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-11-14

"Die bundel reflekteer in sy geheel ’n nihilistiese bestaanswêreld, een waarin die studentedigters ontgogel staan voor die groter maatskaplike uitdagings van die dag."

Lesersindruk: Vegters deur Lucia Prinsloo

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2019-11-13

"Dit bied ’n leeservaring wat die leser se emosies deur ’n vleismeultjie jaag en jou laat voel dat jy sélf ook deur ’n oorlog is..."

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Dewald Koen Resensies 2019-11-12

"Wat Hond se gedagte van ander rugbyromans onderskei, is ongetwyfeld Breytenbach se skerp sin vir humor."

Lesersindruk:  Robey Leibbrandt. ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Handré Brand Lesersindrukke 2019-11-12

"Die skrywer hanteer die biografiese geskiedenis van hierdie Suid-Afrikaanse vryheidsvegter uit die jare dertig en veertig van die vorige eeu baie professioneel en bykans soos 'n kliniese gevallestudie."

Lesersindruk: Die Wonderwese deur Carina Stander

Clari Niemand Lesersindrukke 2019-11-11

"Die Bergengel-trilogie is baie meer as fantasie. Dit is allegorie, besinning, kommentaar en prosa, en in die eerste plek ʼn goeie storie."

Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen

Alta Cloete Resensies 2019-11-11

"By die brandende berg is die verhaal van ’n man en sy gesin se aftakeling, gesien in die konteks van die stroping van Afrika deur verskeie rolspelers wat hulle hande op haar rykdom wil lê."

Lesersindruk: Na verre hawens deur Hennie van Deventer

Sarel Venter Lesersindrukke 2019-11-06

"Hierdie gesellige lekkerleesboek word gekenmerk deur Van Deventer se vloeiende skryfstyl, fyn waarnemings en beskrywings, soos verwag kan word van ’n joernalis met ’n leeftyd van skryf agter hom."

Reader impression: Tobacco wars by Johann van Loggerenberg

Clifford Roberts Books and writers 2019-11-06

"Overall, the book sheds light on the darker workings of a massive industry. But it also provides much-needed insight into SARS and the world of tax collection."

Resensie: Too many tsunamis deur Vincent Pienaar

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-11-06

"Pienaar kyk deur ’n ongewone en lighartige bril na verskynsels soos selfvernietiging en selfdood, maar oppervlakkig is die boek gewis nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn

Hein Willemse Seminare en essays 2019-10-31

"Die band tussen Afrikaans, Afrikaners en Afrikanernasionalisme is vir Steyn so natuurlik dat hy nie vir een oomblik reflekteer oor sy basiese aannames nie. Kan hy byvoorbeeld intellektueel die moontlikheid oorweeg dat Afrikaans sonder die Afrikaner kan voortbestaan?" 

Top