Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: Pieter Fourie: Teatermaker – ’n huldiging deur Fanie Olivier (redakteur)
2020-02-18"Die teks in sy geheel lees soos ’n lewensverhaal – ’n oorsig oor die lewe en werk van ’n kreatiewe gees wat ’n enorme bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gelewer het."
Lesersindruk: Die seders van Libanon deur Adriana Faling
2020-02-12"Die verhaal wil soms dalk ’n bietjie langdradig raak, maar die laaste hoofstukke bevat ’n klompie kinkels wat ek nie sien kom het nie."
Resensie: Innie Shadows deur Olivia Coetzee
2020-02-04"Ek lees met Innie Shadows ’n skrywer raak wat debuteer nie om te vra vir ’n plek aan die tafel nie, maar liefs aan ’n ander tafel kan sit waarin sy haar mense tot die literatuur verbeeld en skryf wat hul sal herken."
Resensie: grondwater deur Marlise Joubert
2020-02-04"grondwater is in geheel ’n bundel vir die fynproewer, maar dis ook ’n toeganklike werk – ’n bundel wat sonder twyfel as die hoogtepunt van die digter se oeuvre bestempel kan word."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2020-02-03“Van Heerden kry dit reg om van die belangrikste probleme wat Suid-Afrika en ook die groter wêreld konfronteer, aan te spreek in ’n verbeeldingryke fiksionele struktuur waarin oortuigende karakters mekaar opponeer, beïnvloed en bepaal.”
Resensie: Chrisalis deur Christo van der Westhuizen
2020-01-31"Van der Westhuizen se benadering tot gelaaide onderwerpe soos liefdeloosheid, siekte en die dood, bied ’n nuwe perspektief en maak die leser attent op die uiterse sensitiwiteit en teerheid van die digter in die 21ste eeu."
Resensie: Oorlog en vrede – Die morele verbeelding van die mens deur Willie Esterhuyse
2020-01-29"Sóveel gemaklikheid met jou veld en só 'n greep op die geskiedenis kan slegs later in die lewe bereik word wanneer terúggekyk word."
Resensie: A sin of omission deur Marguerite Poland
2020-01-29"Toe ek die laaste bladsy klaar gelees het, swem die woorde in my trane. Lanklaas het fiksie my só geraak."
Resensie: Klaskamer deur Vita du Preez
2020-01-24"Vita du Preez verdien lof vir haar waagmoed om die BDSM-tema (in Afrikaans) te takel. As die Fifty Shades-reeks wel vir jou boeiend was, skaf gerus Klaskamer aan."
Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe: ’n lesersindruk
2020-01-24"Die teks lees maklik, is humoristies en ernstig wanneer nodig, en die skrywer weet wat met 'die ekonomie van woorde' bedoel word. Die teks word met ’n verskeidenheid seldsame foto’s toegelig."
Resensie: Sushi en Shosholoza – Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan deur Erns Grundling
2020-01-23"Dis nostalgies en lieflik en presies wat die leser van die boek sou verwag."
Resensie: Die Wonderwese deur Carina Stander
2020-01-23"Haar slim verwewing van Bybelse tekste, sprokies, filosofiese vraagstukke en tong-in-die-kies verwysings na haar eie digkuns en populêre kultuur dui op 'n volwasse skrywer in volkome beheer van haar kuns."
Resensie: Suiker Britz – Dossier van 'n speurbaas deur Anemari Jansen en Stefaans Coetzee
2020-01-22"Was hy dus werklik lojaal teenoor die apartheidsregering, of het hy maar onder dwang sekere sake onder die mat gevee? wil die skrywers weet."
Resensie: Doodslied vir Duitsland deur Philip Kerr
2020-01-22"’n Donker intrige, binne ’n swartgallige 1947-milieu, wag op die leser binne hierdie historiese speurverhaal."
FMR-resensie: Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux
2020-01-22"Toy as die ek-verteller vereenselwig hom so met sy jeugervarings dat dit jou absoluut oortuig, laat glimlag of ontroerd laat."
Resensie: The Stellenbosch Mafia – Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit
2020-01-21"Ten slotte is Stellenbosch Mafia 'n lekker stukkie navorsing wat blitskennis en insig gee oor Suid-Afrika se rykste Afrikaners. Du Toit kan op die skouer geklop word dat hy probeer het om netelige Boeremafia-aantygings in hierdie era van dezinformatsiya uit te klaar. Het hy geslaag?"
Resensie: Tronkhond deur China Mouton
2020-01-21"Die dienshonde word karakters in eie reg: heroïese en gevalle helde, wat inderwaarheid ook lede van die Mag was, maar nooit die erkenning wat hulle verdien het gekry het nie."
Resensie: For the love of the land, saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens
2020-01-15"Wanneer ’n mens omsingel voel deur die felle nasionale debat oor grondonteiening sonder vergoeding, bring innige kreatiewe samestellings soos Price en Louwrens se bundel niefiksie ’n behaaglike oomblik van ontspanning."
Resensie: Kammaland deur Annelie Botes
2020-01-14"Kammaland is ’n boek wat jy nie lig gaan vergeet nie, want Annelie Botes weet hoe om emosies en ervarings te verwoord wat die gewone mens nie eens in sy privaatste gedagtes kan omskryf nie."
LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister
2020-01-09"Marita van der Vyver se werk lees só lekker dat ’n mens dit op die sand by die see, knus onder die komberse met ’n beker warm sjokolade, of selfs hoog in die berge met ’n kopliggie in ’n grot wíl lees."
