Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie
2025-07-09"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."
The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie
2025-07-08"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."
Skemerverse deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2025-07-03"Skemerverse is ’n bundel verse wat ek nie kon neersit voordat ek die laaste gedig gelees het nie."
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
2025-07-03"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."
Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie
2025-06-25"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."
François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk
2025-06-25"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-06-24"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie
2025-06-24"Dink jouself gelukkig is meer as ’n boek oor positiewe denke. Jy sal leer hoe om jou brein te herbedraad en daarom die vermoë te kan ontwikkel om jouself gelukkig te dink."
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
2025-06-23"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo: ’n resensie
2025-06-18"Ek wens ek kon Evans se boek in daardie man se hand stop voordat sy haat en vrees op geweld uitloop. Maar bowenal wens ek hy wil Mitchell se boek lees, en hom afvra of hy homself nie in een van die jongmanne herken nie, in sy denke en ook sy woorde."
Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie
2025-06-12"Die Speurhond Willem-boeke neem lesers op spannende én snaakse speuravonture, maar is en bly in wese reisverhale. Wasserman slaag nes met haar Elf dae-tienerreeks met hierdie reeks steeds uitstekend daarin om vir nege- tot twaalfjariges feit en fiksie kreatief te kombineer en pakkende stories te skep en te vertel, én haar lesers daarmee te vermaak."
Monsterhare deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2025-06-09"Hierdie boek is ook ’n goeie slaaptydstorie, omdat mens dit voorwaar ’n honderd keer kan lees."
Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk
2025-06-09"Met sy argumente skort daar niks, maar sover die kritiek teen godsdiens gaan, is die inhoud van hierdie boek nie genuanseerd nie, en gevolglik ook nie besonder interessant nie. Ecce deus! sal eerder as ’n besondere basiese en inleidende kritiese oordeel tot godsdiens beskryf kan word."
’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel
2025-06-05"In literêre werke word rooi dikwels met bloed, revolusie, passie of intense emosies geassosieer. In al twee plaasmoorde wat in die boek beskryf word, is die slagoffers Godvresende en toegewyde gelowiges wat selfs nog dieselfde aand by huisgodsdiens gebid het om bewaring teen gevare."
Kortpad-praatjies: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats: An interactive workbook deur Rina Loader en Charlene Human – ’n resensie
2025-05-30"As iemand wat al jare lank betrokke is by die onderrig van Afrikaans as tweede en vreemde taal, is dit altyd verblydend om nuwe bronne te sien wat in die klaskamer of lesinglokaal gebruik kan word. Daar is ’n leemte vir onderrigmateriaal wat in hoër onderwys gebruik kan word – veral op die gebied van tweede-/vreemdetaalverwerwing. Daarom my opgewondenheid oor die verskyning van dié twee boeke."
Lesersindruk: Feesmaalgang deur Dietloff van der Berg
2025-05-27"Feesmaalgang is ’n welkome toevoeging tot Christelike mistieke poësie in Afrikaans. ’n Driegangmaaltyd wat jy gerus aan jouself mag voorsit."
Prins deur Ryan Pedro: ’n resensie
2025-05-27"Die beelde van manlikheid wat die digter hier aanbied, wil veral ons begrip van bepaalde vorme van manlikheid kompliseer en verwikkel."
The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk
2025-05-26"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."
Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie
2025-05-22"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."