Portale

ATKV en Moving Pictures se digkuns-animasieprojek

2014-09-16 Filmverse, ’n digkuns-animasieprojek van ATKV in samewerking met Fopspeen Moving Pictures beloof om Afrikaanse poësie 'n hupstoot te gee.

Vriende Van Afrikaans word ’n filiaal van die ATKV

Izak de Vries 2014-09-10 Op Vrydag 5 September 2014 is die jaarvergadering van die Vriende Van Afrikaans (VVA) op Stellenbosch gehou. Tydens dié geleentheid is eenparig besluit dat die organisasie ’n filiaal van die ATKV sal word. Die besluit is deur verskeie samesprekings voorafgegaan en was onmiddellik van krag.

Niel le Roux vertel hoe die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans brûe bou

Niel le Roux, Naomi Meyer 2014-09-10 "Ek vind dat sekuriteitswagte, motoroppassers, winkelassistente en skoliere graag ’n woord of twee met jou praat wanneer hulle agterkom jy is Afrikaans. Ons kan baie doen om basiese Afrikaans in spel en praat alhier te bevorder."

Die SBA het 'n nuwe hoof

2014-09-05 Niel le Roux, voormalige uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, is aangestel as die nuwe Uitvoerende Hoof van die SBA (Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans).

ATKV/RSG Spel-intervarsity op die radio

2014-09-04 Studente sê mekaar spel-spel die stryd aan!

Verna Vels (1933–2014)

Erika Terblanche 2014-09-03 “Solank ons Afrikaans praat, sal dit voortbestaan. As Afrikaans ondergaan, sal dit in ’n groot mate ons eie skuld wees. Al geniet Afrikaans nie meer dieselfde ‘status’ as vroeër nie, troos ek myself daaraan dat Afrikaans steeds in die volksmond en –hart lê.” Verna Vels se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2014

Kerneels Breytenbach 2014-08-29 Oor: Die registrasie van joernaliste; Steve Hofmeyr en die Namakwafees; PEN Afrikaans se eerste boekprojek; die Raakvlakke-kongres.

Huldeblyk aan Verna Vels

2014-08-22 "Haar geliefde Liewe Heksie is volksbesit en die karaktertjie leef steeds voort in die harte van oud en jonk." 

Gerhard J Beukes (1913–1998)

Erika Terblanche 2014-08-21 “Geen skrywer kan in ’n lugleegte skryf nie – elkeen het weerklank nodig en dit het ek by mede-Afrikaners gekry wat my werk gelees, waardeer en ook gekritiseer het.” Lees oor die lewe en werk van Gerhard J Beukes. 

Die Afrikaanse Taalraad reik uit na Mitchells Plain

Michael le Cordeur 2014-08-21 "Ek het grootgeword met die idee dat Afrikaans 'n verdrukkerstaal is, maar vanaand het ek die ander kant van Afrikaans gesien, die mooi kant. Gaan voort met julle goeie werk!"

Die ATKV verjaar

2014-08-19 “Die ATKV is kerngesond.” Só sê Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep wat vandeesmaand 84 jaar oud is. 

Taaldag

2014-08-14 “Afrikaans is een van die mees gevestigde tale op talle gebiede in Suid-Afrika en die toegeneendheid teenoor die taal groei van dag tot dag.”

ATKV-Kinderboektoekennings 2014

2014-08-06 Hier is die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings 2014.

ATKV-skryfskool vir skrywers van romantiese fiksie

2014-07-28 Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met liefdesverhaaluitgewers soos LAPA en NB, bied van Donderdag 4 tot Saterdag 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

ATKV: Temba-musiekprojek

2014-07-28 Hier gee musiek kinders se siele vlerke.

Ernst van Heerden (1916–1997)

Erika Terblanche 2014-07-09 “Digters moet hulself nie mislei dat hulle die verloop van die geskiedenis kan verander nie.”

PEN Afrikaans: Nuusbrief – Junie 2014

Kerneels Breytenbach 2014-06-27 Voorsitter Kerneels Breytenbach oor die Kunsblad van Beeld en PEN Afrikaans se vooruitsigte.

CM van den Heever (1902–1957)

Erika Terblanche 2014-06-25 “Nóg die noodlot, nóg die dood kan uitmekaar hou wat die liefde bind.”

'n Besoek aan Kimberley onthul juwele

Michael le Cordeur, Ria Olivier 2014-06-18 "Hou hierdie spasie dop: Suid-Afrika gaan nog baie hoor van die twee ongeslypte diamante van wie ons u hier vertel."
Top