Portale

UKZN se Kinderboekfees: Inligting en volledige program

2015-02-16 U skool word vriendelik uitgenooi na UKZN se Kinderboekfees, in samewerking met die ATKV en LAPA-uitgewers, wat op 25 en 26 Februarie op die Pietermaritzburg-kampus van UKZN en by Hilton College gaan plaasvind.

André P Brink (1935–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-11

“Ek was van die begin af gedoem om te skryf. Nadat ek opgehou het om poësie te pleeg, het die roman vir my ’n manier geword om dinge vir myself te verduidelik ..."

Afrikaans nou sonder haar protesterende woordwonder

2015-02-11  "Alhoewel Afrikaans foutiewelik as die taal van die onderdrukker uitgekryt was en nog steeds soms word, het André P Brink as protesskrywer juis in veral sy romans sterk geprotesteer teen die onmenslike bestel van apartheid en dus Afrikaans ook as ’n taal met ’n protesstem gevestig."

Huldeblyk: PEN Afrikaans oor André P Brink

Kerneels Breytenbach 2015-02-08 "Brink was 'n skrywer wat alles in die stryd gewerp het vir sy mede-skrywers, 'n meer regverdige, nie-rassige Suid-Afrikaanse samelewing en die reg op vrye uitdrukking."

Afrikaans armer sonder André

Jacques van der Elst 2015-02-08 Die Afrikaanse Taalraad bring hulde aan een van Afrikaans se belangrikste skrywers.

André Brink's speech at the Université catholique de Louvain

2015-02-07 The last speech of André Brink can be heard here.

Herfsskool weer met trots in 2015 aangebied

2015-02-03 Van 16–20 Maart 2015 bied die ATKV-Skryfskool ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede.

Dramaskryfskool by US Woordfees

2015-02-02  Die ATKV bied van 5 tot 7 Maart 2015 tydens die US Woordfees in Stellenbosch ’n skryfskool aan vir nuwe, jong en opkomende dramaturge.

SBA: Operasionele Programbestuurder

2015-02-02 Is Afrikaans, opvoeding en die kunste jou passie? Dan soek die SBA jou van 1 April 2015 as Operasionele Programbestuurder. 

ATKV-Sterskool skitter met 100%-slaagsyfer

Izak de Vries Akademies en skole 2015-01-08

"Teen elfuur, op 6 Januarie 2015, kon Riyaand Najaar met ’n enorme glimlag op sy gesig aangekondig dat Spine Road High se klas van 2014 ’n 100%-slaagsyfer behaal het."

Ampie van Straten (1937–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-12-16

"Met die Pendorings probeer ek demonstreer dat Afrikaans alles behalwe ’n stywe en omslagtige taal is en dat nuttige woorde en uitdrukkings nie van Afrikaans weerhou moet word nie. Dit verarm ons taal." Lees Ampie van Straten se ATKV-skrywersalbum.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2014

Kerneels Breytenbach 2014-12-16  Oor: Die PEN-kongres van Afrika-PEN-sentrums; mediavryheid in Turkye; Marthie Momberg deur Israeli-regering verbied om ’n internasionale konferensie in Bethlehem by te woon

Woorde van 2014

Willem Botha 2014-12-16 LitNet het die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gevra om dié woorde van 2014 uit te sonder. Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die WAT, het 'n lys woorde gestuur wat die WAT-personeel meen vanjaar op Suid-Afrikaners se lippe was.

Foto's: ATKV-Rielkompetisie 2014

Naomi Bruwer 2014-12-10 Die negende finale van die jaarlikse ATKV-Rielkompetisie het Saterdag 6 Desember by die amfiteater by die Afrikaanse Taalmonument plaasgevind. 

Dit ruk & riel van Loeriesfontein tot Kleindrakenstein

Marike Bekker Akademies en skole 2014-12-02

"’n Eeue oue dansvorm wat amper onder apartheid gesneuwel het, herleef weer as oud en jonk veldskoene aantrek en die riel trap dat die stof so staan."

Nzimande se uitspraak bewys dat taalregte en -sensitiwiteite nog nie behoorlik verstaan word nie

Japie Gouws 2014-12-01 Die gehalte van onderwys en die kundigheid van leerders en studente kan net verbeter indien ons moedertaalonderrig uitbrei.

Heksejag op Afrikaans duur voort: Afdreiging van Minister is ongepas

Jacques van der Elst 2014-12-01 Die heksejag op Afrikaans as onderrigtaal in die hoër onderwys het ’n nuwe dimensie gekry met die Minister van Hoër Onderwys se dreigement dat hy ’n universiteit sal sluit as so ’n instelling enkel Afrikaans as onderrigmedium sou gebruik. 

Hoe PEN Afrikaans oor die US se hersiene taalbeleid voel

Danie Marais 2014-11-27 "Die bestuur van PEN Afrikaans is versigtig optimisties oor die hersiene taalbeleid van die US. Dis egter onmoontlik om te raai wat die langtermynimpak van hierdie beleidsverandering op Afrikaans as akademiese taal gaan wees."

Hoe die Afrikaanse Taalraad oor die US se hersiene taalbeleid voel

Jacques van der Elst 2014-11-27 "Taal is gelyk aan identiteit – dis nie sommer ’n nutsmiddel nie."

Charles Fryer (1946–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-26

"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)

Top