Taalgenoot, luistergenoot

  • 6

Donnay Torr, kookwaterredakteur van die ATKV se Taalgenoot, gesels met Naomi Meyer. 

donnaytorr300 Donnay, geluk aan jou as Taalgenoot se redakteur met die onlangse pryse. Vertel asseblief watter toekennings julle ontvang het? 

Baie dankie; ons is geweldig trots! Die SA Publication Forum fokus onder andere daarop om die gehalte van korporatiewe, interne en B2B-publikasies te verbeter – daar is ongelooflik baie niekommersiële titels beskikbaar wat mens nie op die rak sien nie, en die werk wat hulle doen is dikwels besonder inspirerend. Taalgenoot is met die volgende toekennings beloon: tweede plek vir die beste interne tydskrif (kategorie A), tweede plek vir uitnemendheid in kommunikasie, finalis in redakteur van die jaar, finalis in beste algehele korporatiewe publikasie vir die jaar, toekennings vir uitnemendheid in skryf, ontwerp en kommunikasie (meer as 75% vir elke afdeling). 

TG_lien1En geen wonder nie. Jul tydskrif verruim en dit daag uit, dit lig in en dit laat mense lees oor dinge waarin hul belangstel. Maar hoe kry jy dit reg – wat aan die begin van die kwartaal aandag trek, is dalk al verouderd oor ‘n maand of twee? 

Sjoe ... Ja, dit kan dikwels 'n uitdaging wees. Een truuk is dat ons juis vermy om te veel op "trends" te fokus – die gesig wat nou orals op voorblaaie is, die drama waaroor almal op die oomblik praat, wat mense aan die gons het. Dit klink dalk teenintuïtief, maar Taalgenoot mik juis daarop om inhoud te skep wat tydloos is: mense moet die tydskrif oor maande kan optel en lees en steeds voel dat hulle iets van waarde ingeneem het. Ons probeer aweregs dink oor invalshoeke en gaan soek vir idees/karakters wat mik om te ontkiem – maar dalk eers oor 'n rukkie. En mens beplan maar mooi vooruit: die tydskrif is tegnies vir drie maande na druk "relevant" – so wat gebeur in daardie drie maande wat dalk interessante materiaal kan bied? 

TG_taal2Gepraat van verruim. Dis waaroor jou redakteursbrief hierdie maand handel: om vet en vooroordele te verloor. Wat is die beste manier om te luister? 

Ek dink om werklik te luister is die moeilikste ding op aarde. Erken eerstens die persoon voor jou se menswees. Die man of vrou wat voor jou sit, kom met hulle eie storie – net so belangrik en persoonlik as jou eie. En haal diep asem: vir 'n rukkie moet jy jou eie herkoms en vooroordele en menings opsy skuif en jouself bloot net oopmaak vir wat die ander persoon sê. Sonder om vyandig of verdedigend te word – want natuurlik gaan ons warm onder die kraag raak as ons denkwyses uitgedaag word. But just breathe. En dan: bly eers stil en dink oor wat jy gehoor het voordat jy jou eie mond oopmaak – soos Stephen Covey dit stel: “Most people do not listen with the intent to understand; they listen with the intent to reply.” Jong, ek weet nie – as iemand die perfekte resep uitdink, laat weet my!  

TG_zolani2Dink jy nie daar’s ook ‘n paar mense wat nodig het om hul vooroordele jeens Afrikaans te verloor nie? 

Natuurlik: vooroordele is nie uniek tot een geslag of ras of kultuur nie. En dink egter mens kan nie 'n "tit for tat"-benadering volg as dit kom by luister nie – "As sy nie gaan luister nie gaan ek nie luister nie"; of: "Ek sal luister as jy luister" – dan gaan ons nêrens kom nie. Want mense is opstropolis op daai manier. As die idee van luister egter sneeubal, sal daar stelselmatig al hoe meer mense wees wat bereid is om dit te doen – van alle kante af. 

Waarna kan lesers uitsien in die volgende uitgawe van Taalgenoot

Drama! Donderweer! Metamorfose! 🙂 Ons beloer 'n paar veranderlike dinge en mense. Ek is nou aspris vaag!

  • 6

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Is die gebruik van onnodige Engelse woorde en frases een van die "trends" wat deur Taalgenoot nagevolg word en waaraan hy sy sukses toeskryf? Onderskei gerus tussen "onder andere" en "onder meer".

    • Afrikaanse krewe, solank ons net met die bitterbek alles kan kritiseer. Die Taalgenoot doen meer vir Afrikaans en Afrikaanse kultuur as jou stiksienige kommentaar.

    • Riaan Grobler

      Wat 'n hartseer en beterweterige manier om te reageer op 'n artikel wat hierdie vrou se sukses vier. Het jy gesien wat sy met die tydskrif verrig het? Sulke sad ou internet-trol-omie.

  • Carla Lewis-Balden

    'Trends' word al lankal deur menige Afrikaanse publikasies erken, dis soveel beter as 'neigings' en 'tendense' wat maar louwarm is. Donnay, ek is mal oor Taalgenoot, julle stories is vars, aweregs en uitstekend geskryf.

  • Carryn-Ann Nel

    Regtig Johannes, uit die pragtige artikel oor die tydskrif, hoe Taalgenoot 'n platform vir interessante gesprekke en denke skep, hoeveel WERK in 'n kwartaalikse tydskrif gaan en hoe dit nou erkenning kry, is jou snedige opmerking oor die gebruik van die woord "trend" al wat jy hieruit neem? (Of moet dit wees "vat"? Ek is nou self nie seker nie.)
    Baie geluk Donnay. Ek kan dit nie genoeg herhaal nie, maar Taalgenoot rock!

  • Johannes Comestor

    Diegene wat my wil kruisig omdat ek ligte kritiek uitgespreek het, kan gerus die saak in 'n breër perspektief sien. Die ATKV het 'n obsessie met transformasie en wil feitlik ten alle koste in die mode in die nuwe Suid-Afrika wees. Dit bring mee dat hierdie vereniging, soos die Afrikaanse Taalraad, versuim om Standaardafrikaans te propageer en eerder loslit neig. Die rede hiervoor is omdat Standaardafrikaans met blankes/Afrikaners geassosieer word en Afrikaners het mos hulle tradisionele fatsoenlikheid ingeboet. Daarom is Taalgenoot nie meer, soos in die vorige eeu, ononderhandelbaar aan die kant van Standaardafrikaans nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top