Afrikaans armer sonder André

  • 0

Die Afrikaanse Taalraad bring hulde aan een van Afrikaans se belangrikste skrywers. Deur die  dood van André Brink het nie net die Afrikaanse letterkunde ’n groot verlies gely nie, maar ook die Afrikaanse taal.   Met die meeste van sy belangrike werke wat hy in die eerste plek in Afrikaans geskryf het, het hy gesorg dat mense wêreldwyd deur vertalings ook kennis geneem het van die oorspronklike taal waarin die werke verskyn het, naamlik Afrikaans. Hy was in die geleentheid om sy werke tot in die verste uithoeke van die wêreld bekend te stel en was daardeur ook ’n internasionale boegbeeld vir Afrikaans.

Afrikaans word dikwels ten onregte  beskou as die taal van die onderdrukker. André Brink as protesskrywer was met sy werke soos die omstrede roman Kennis van die aand juis die sprekende voorbeeld van ’n kunstenaar wat in en deur Afrikaans en die romankuns protes aangeteken het teen ’n onregverdige politieke bestel. Daarmee het hy juis bewys dat Afrikaans juis ook as ’n protestaal bestempel kan word.  Afrikaans is armer sonder ’n talentvolle skrywer soos André Brink

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top