Is Afrikaans, opvoeding en die kunste jou passie? Dan soek die SBA jou van 1 April 2015 as Operasionele Programbestuurder.
1- jaar-kontrak met opsie om te verleng teen ’n goeie mededingende salaris sonder mediese en pensioenfondsbydrae
Take: Beplan, ontwikkel, skeduleer, implementeer, koördineer, bestuur, monitor, evalueer en administreer verskeie opvoedkundige en kunsteprogramme soos deur die direksie bepaal. Identifisering van en skakeling met programvennote is uiters belangrik, insluitend die lei van vergaderings. Rapporteer aan die UH en moet kan instaan as waarnemende UH indien nodig. Moet navorsing kan doen om voortdurend programme aan te vul en uit te brei. Die beheer van ’n begroting en finansies van die programme is ’n noodsaaklikheid en kandidate moet altyd Afrikaans eerste stel in skryf en praat. ’n Tersiêre kwalifikasie in onderwys word verkies. ’n Kreatiewe en vernuwende ingesteldheid met aandag aan besonderhede, asook mens- en kliëntgeoriënteerdheid is belangrike eienskappe vir geskikte kandidate.
Doen aansoek met ’n 2-bladsy-CV en ’n motiveringsbrief van hoogstens 500 woorde en stuur aan Bianca Greeff by sba.admin@mweb.co.za of faks na 021 9141095.
Vir navrae, kontak die UH, dr Niel le Roux, by 021 914 1379.
Sluitingsdatum: 16 Februarie 2015