Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Ek en jy en die Midde-Ooste

Freek Robinson, Marthie Momberg Onderhoude 2024-12-19

Wat is aan die gang in Sirië? Hoe hou dit verband met die vernietiging van Gaza? Het die konflik in die Midde-Ooste werklik enige impak op gewone Suid-Afrikaners? Waarom meng ons regering in?

Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy

Naomi Meyer, Trudy van Rooy kykNET Portaal 2024-12-18

"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die heel eerste wenner

Naomi Meyer, Rouel Beukes Onderhoude 2024-12-18

"Wat dit [ATKV-Crescendo] wel vir my beteken het, is dat daar kennis van my geneem is en ek aangemoedig is om aan meer klassieke sangkompetisies deel te neem, wat ek toe gewen het. Dit het my in staat gestel om oorsee te gaan studeer, en dit het die basis gelê van my sukses as nasionale asook internasionale sanger."

Bela: Belegging of beleg?

Freek Robinson, Jaco Deacon Onderhoude 2024-12-11

Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Hildegard Adonis

Braam Peens, Hildegard Adonis Boeke en skrywers 2024-12-05

"Die biblioteek het verskeie programme wat al die jeug, tieners en grootmense baie besig hou." Hierdie onderhoud met Hildegard Adonis is die dertiende aflewering oor ons biblioteke.

Watervoorsiening in Suid-Afrika

Freek Robinson, Anja du Plessis Onderhoude 2024-12-05

Watervoorsiening is onder druk weens wanfunksionele en korrupte munisipaliteite, diefstal, besoedeling, waterskaarste, en so meer: Stuur die land op ’n ramp af?

ATKV-Crescendo op 50: ’n onderhoud met die projekorganiseerder, Morné van Staden

Naomi Meyer, Morné van Staden Onderhoude 2024-12-04

"Indien mense van goeie musiek hou, en die nuwe kunstenaars en hul musiek wil ondersteun, en indien mense die skep van nuwe oorspronklike goeie-gehalte- Afrikaanse musiek ondersteun of wil ondersteun, is Crescendo die plek om dit te doen, en natuurlik as jy ook belangstel om te hoor hoe klink Afrikaans in ander variëteite en genres."

Om in 2024 te boer

Freek Robinson, Dwayne Kaschula Onderhoude 2024-11-28

Die Oos-Kaapse boer Dwayne Kaschula is verlede week as AgriSA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon. Freek Robinson gesels met hom oor onder meer voedselsekerheid, volhoubaarheid, werkskepping, grondonteiening sonder vergoeding, en plaasmoorde.

Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins

Maryke Roberts, Graham Hopkins Teater 2024-11-26

Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser kykNET Portaal 2024-11-26

"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Yolandi Ellis

Braam Peens, Yolandi Ellis Boeke en skrywers 2024-11-21

"In daardie opsig het ons alreeds verskeie uitreikaksies met welslae geloods, soos ons naskoolse leesprogram, wat daarop gemik is om die leerders met hul taalwerk te help en lees te oefen. Ons [biblioteek] bied ook temaprogramme aan waar ons boeke en stories inkorporeer met opvoerings en hardop-lees." Hierdie onderhoud met Yolandi Ellis is die twaalfde aflewering oor ons biblioteke.

Die wêreld van werk is nie kinderspeletjies nie: waarom beroepsvoorligting lewensbelangrik is

Naomi Meyer, Michelle Visser, Francois van den Berg, Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Stephan Rabie Onderhoude 2024-11-20

"In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms."

Stilfontein: ’n misdaadtoneel of ’n humanitêre kwessie?

Freek Robinson, Dave van Wyk Onderhoude 2024-11-20

Dave van Wyk, senior navorser by die Bench-Marks Stigting, plaas vir Freek Robinson die kwessies rondom onwettige mynwerkers (die zama zamas) binne ’n groter konteks.

Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk Onderhoude 2024-11-13

Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman

Braam Peens, Shaleen Koopman Onderhoude 2024-11-12

"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.

Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog

Freek Robinson, Bun Booyens Onderhoude 2024-11-07

Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee

Braam Peens, René Schoombee Boeke en skrywers 2024-11-04

"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke. 

Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange

Naomi Meyer, Amanda de Lange Onderhoude 2024-10-31

"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."

Are doctors opposing the NHI fat cats or problem solvers?

Freek Robinson, Simon Strachan Interviews 2024-10-30

Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?

 

Romantiese en erotiese fiksie in Afrikaans: variasies op ’n wenresep?

Liné Loff, Andrew Sutton Onderhoude 2024-10-28

"Die genre-en-leser-verhouding is simbioties. Ek dink die genre verander om by te bly met hoe lesers verander, maar ook dat die lesers se opvattings verander aan die hand van wat hulle lees."

Top