Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer

Freek Robinson, Roelf Meyer Onderhoude 2024-10-25

Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.

Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels

Naomi Meyer, Catrina Wessels Kopiereg-wetsontwerp 2024-10-23

"As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk."

Wat hou die verkiesing in die VSA vir Suid-Afrika in?

Freek Robinson, Chris Opperman Onderhoude 2024-10-18

Sal Harris meer vir Suid-Afrika beteken as Trump? Wie gaan wen? Waarom stem swart mans vir Trump? Waarom onttrek talle oud-Republikeine hul steun aan Trump? Dit is maar enkele van die vrae wat Freek Robinson stel aan Chris Opperman, ’n toenmalige diplomaat wat nou ’n sakeman in die VSA is.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit

Braam Peens, Reinie Smit Boeke en skrywers 2024-10-17

My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Cecelia Larey

Braam Peens, Cecelia Larey Onderhoude 2024-10-09

"Dit bring ’n knop in my keel wanneer ’n biblioteekgebruiker die gebou verlaat en erkenning gee aan die verskil wat ons diens in hulle lewe of omstandighede gemaak het." Hierdie onderhoud met Cecelia Larey is die agtste aflewering oor ons biblioteke.

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Freek Robinson, Paul Philip Sauer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.

Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere

Freek Robinson, Jaco Jacobs Onderhoude 2024-10-03

Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?

Wat kan ek en jy doen om klimaatsverandering te keer?

Freek Robinson, Peter Johnston Onderhoude 2024-09-25

Freek Robinson gesels met Peter Johnston, ’n klimaatspesialis van die Universiteit Kaapstad, oor klimaatsverandering en vra hom ’n aantal vrae: Kan ons die sneeu oor groot dele van die land toeskryf aan klimaatsverandering, of nie? Is daar wel ’n probleem, of is al die gesprekke bloot bangmaakpraatjies?

Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een

Freek Robinson, Kallie Kriel Onderhoude 2024-09-18

Toe Kallie Kriel ’n oproep van die President kry, was hy vir ’n oomblik oortuig dis Leon Schuster wat met hom spot. Tog was dit nie. Vir 35 minute het die twee met mekaar gesels. In hierdie onderhoud vertel Kriel aan Freek Robinson waarom hy dink die President het die erns van die situasie ingesien, en hy verduidelik ook hoe die volgende drie maande daar gaan uitsien.

A multidisciplinary approach to Alzheimer’s

Izak de Vries, Heather Rauch Interviews 2024-09-17

"It involves supporting the individual and their family as they process the diagnosis and adjust to the impact of the disease on the family system, and walking the road with them all till the end of the life of the person living with dementia."

 

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Ashley Lewis

Braam Peens, Ashley Lewis Onderhoude 2024-09-09

"Hierdie inisiatief is wêreldwyd gepubliseer omdat dit 60 kinders per dag na die biblioteek gelok het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om kinders van die straat af te kry en ook vir hulle te leer lees. Deur die aanbied van hierdie program het Delft Biblioteek die Wes-Kaapse Kuns- en Kultuurtoekenning in 2022 gewen, asook die tweede plek in die Stad Kaapstad se toekennings, en het vanjaar internasionale erkenning by IFLA (International Federation of Library Association) ontvang." Hierdie onderhoud met Ashley Lewis is die sewende aflewering oor ons biblioteke.

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Herschelle Benjamin

Menán van Heerden, Fatima Allie, Robyn van de Rhede, Herschelle Benjamin, René Arendse Onderhoude 2024-09-04

In hierdie maandelikse LitNet-insetsel op Radio 786 gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Herschelle Benjamin (publisiteit-spesialis: kykNET-kanale).

The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland

Naomi Meyer, Elsabé Brits Onderhoude 2024-09-03

"Die huis het alles in wat ’n gesin van die tyd sou gehad het: gordyne, beddegoed, klere, meubels, boeke, speelgoed, skilderye van die familie teen die mure, en kos in die spense. ... Die resultaat is die mees akkuraat gerestoureerde middel-Victoriaanse huis in Engeland."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman Onderhoude 2024-09-03

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christine Gerber

Braam Peens, Christene Gerber Onderhoude 2024-08-30

Hierdie onderhoud met Christine Gerber is die sesde aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams

Braam Peens, Rachel Williams Onderhoude 2024-08-27

"Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-Hardoplees Dag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme." Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke. 

Tuin van Digters 2024: ’n onderhoud met Francois Lötter

Naomi Meyer, Francois Lötter Boeke en skrywers 2024-08-21

"Natuurlik is skryf en dig ’n persoonlike en sit-alleen-op-die-stoel-tipe ervaring. ... Maar ek vermoed skryf en dig kan (en moet dalk) in sekere gevalle meer as net ’n solo-ervaring wees, soos vanjaar se Tuin van Digters met die saamsaam-tema wil beklemtoon."

Om vakwoordeboeke by te werk is belangrik: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts

Naomi Meyer, Mariëtta Alberts Onderhoude 2024-08-02

"Afrikaanse vaktaal het daartoe bygedra dat Afrikaans as akademiese en wetenskapstaal kon ontwikkel. Dit sal ’n hartseer dag wees as Afrikaanse terminologie tot niet moet gaan omdat die waarde daarvan onderskat word." Mariëtta Alberts praat met Naomi Meyer oor Mariëtta se artikel "Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke" wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het.

Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens

Menán van Heerden, Wannie Carstens Onderhoude 2024-07-25

Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christelle Lubbe

Braam Peens, Christelle Lubbe Onderhoude 2024-07-19

Hierdie onderhoud met bibliotekaris Christelle Lubbe is die vierde aflewering oor ons biblioteke. Christelle is Hoof: Professionele Dienste en Programme van Biblioteek- en Inligtingsdienste by Stad Kaapstad.

Top