Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger
2019-02-05"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."
Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom
2019-01-30"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."
Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen
2019-01-16"Nee, ek dink nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."
Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman
2019-01-16"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."
Die generaal deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer
2019-01-07"Maar Johan huiwer nie, weens die tweespalt wat in hom heers: Aan die een kant geniet hy sy diensplig, die avontuur daarvan, die opwinding van grootskaalse militêre projekte. Aan die ander kant besef hy alles is nie pluis nie ..."
Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel
2018-12-20"Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Louis Esterhuizen het met hom gesels."
Video: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen
2018-11-29Jean Oosthuizen se Die opkoms en ondergang van die NG Kerk is Donderdag 22 November in Die Bôrdienghuis in Wellington bekendgestel. Jacques Steenkamp het met hom gesels. Die geleentheid is gereël deur die Breytenbach-boekklub.
Daar’s ’n engel in my koskas: ’n onderhoud met Willie Strauss (en twee resepte)
2018-11-29"My ma was een van daai mense wat lekker kon kosmaak. Niks fênsie nie. Gewone kos. Trooskos as ons naweke huis toe gegaan het. ... My liefde vir kos het daar op die plaas begin. Ek kook soos sy."
The Enumerations: an interview with Máire Fisher
2018-11-28"I like the idea of it being a whydunnit, but I really do hope that readers will land up liking Noah and understanding more about him. I think it’s really important that we see people as people, not as being defined by their conditions."
Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp
2018-11-21"Sy wil nie, omdat sy met die patriargie ontevrede is, ’n mannehater wees nie. Sy wil nie haar bra verbrand nie en sy wil nie haar grimering weggooi nie. Sy wil met ander woorde al die liggame en mense en organisasies en konvensies wat vir haar voorgeskryf het hoe om ’n vrou te wees, stilmaak, ook die linkses en radikales en die woedendes wat oorlog wil verklaar."
Video: Brugbouers deur Rudi Buys word bekendgestel
2018-11-14"Rudi Buys se Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Willie Esterhuyse het met hom gesels."
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé
2018-11-08"En dís waaroor die boek in die eerste plek handel: die onwaarskynlike gebeurtenis wanneer die moontlikhede naas die aanvaarde werklikheid as alternatiewe werklikhede sigbaar begin word, en selfs by hulle oorneem."
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal
2018-10-25"Berge is die vergestalting van hierdie Salka, van die élan vital wat deur ons almal bruis. Dus: berge wóón vir seker; hulle is ’n force op hul eie, klipforte wat nie net woon nie, maar ook skuiling bied vir die lewensvorme wat rondom hulle woon."
Liefde in die tyd van die internet: ’n onderhoud met Fransi Phillips
2018-10-25"Die storie moet homself skryf of anders gaan niemand dit doen nie. Ek het ook baie min tyd om te skryf. My digbundel My lied van die niet het ek in twee dae geskryf, en die grootste deel van Liefde in die tyd van die internet is tussen treine op die Moskou-metrostasies geskryf, met die mees ondenkbare lawaai in my ore."
Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle
2018-10-24"Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie."
Tebatso gaan see toe: ’n onderhoud met Maya Fowler
2018-10-24"Die skrywer het ’n verantwoordelikheid om empatie vir ander te voel, en sodra ’n mens vir iemand empatie het, kan jy, nadat jy jou navorsing gedoen het, oor hom of haar skryf. Maar dit moet outentieke empatie wees – naïewe empatie lei na soetsappige skryfwerk, of nog erger, stereotipering."
Landbou Boerekos deur Arina du Plessis: van die plaas na die tafel
2018-10-24"Die A–Z van die lekkerste kos met plaasprodukte: van aartappels en amandels, beet, dadels, lamsvleis en lemoene tot by waterblommetjies en wortels. Die boek bied ook uitstekende waarde vir geld, met meer as 300 resepte."
You make me possible: An interview with Karina Sczcurek
2018-10-10"Sometimes, you can say something in a letter that is impossible to voice otherwise."
Skadujagter: 'n onderhoud met Dihanna Taute
2018-10-10"Ek probeer my werk lees uit die leser se perspektief."
Video: Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse word bekendgestel
2018-10-09Herman Lategan se Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse is op Saterdag 6 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Martie Retief-Meiring het met Herman gesels.
