Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
’n Kort verhaal
2019-01-29"Die volgende oomblik voel dit asof sy pas versnel en ons jaag tussen koue sementgeboue wat hoog bo ons uittroon. Kil handelskatedrale met glasoë wat gluur en grou mure wat ons aan weerskante kelder en in een rigting forseer."
Openbaring 4
2019-01-29"Vlak voorie troon het dit gelyk soes ʼn spieëlgladde siee, soes kristal. Om die troon en an elke kant vannie troon het daa vie liewende wesens gestaan, met oë annie voo- en agtekant."
“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Johan Kotze
2019-01-24"Ek is baie bewus van ritme en sal soms ’n rukkie dink aan ’n goeie woord om by die ritme te pas. Ek is ook lief vir subtiele alliterasie en assonansie en baie keer gebeur dit byna outomaties."
“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Eunice Basson
2019-01-24"My ouers het ons nooit van hierdie baba en hulle verlies vertel nie; konvensie en stilte het in daardie jare die oorhand gehad. Die feit dat my ma hierdie 'geheim' lewenslank op ’n kalender herdenk het, het my destyds eindeloos ontroer en so het hierdie gedig begin vorm aanneem."
Adéle
2019-01-23"Wat het verkeerd geloop? Ek was dan so goed in Latyn. In my eerste eksamen in standerd ses 99% gekry. En nou? Ek het toe nog nie besef dat daar iets groots verkeerd was en dat ek my binnekort in ’n dwangbaadjie van donker magteloosheid sou bevind nie."
Bybel in Kaaps: Openbaring 3
2019-01-23"Skryf die brief annie engel vannie kêk in Filadelfia. Dié issie boodskap vannie een wat Heilig is, die Betroubare. Die een wattie slietel van Dawid het."
Openbaring 2
2019-01-16"Elkeen wat ’n oor het moet luiste na wattie Gies virrie gemeente sê. An elkeen wattie oorwinning behaal sal Ek iets gie vannie boem vannie liewe af om te iet, wat innie paradys van God is."
Skryfkompetisie – Tyd: Hier is die wenners!
2019-01-11Meer as 300 uiteenlopende inskrywings is ontvang en die 15 gedigte het op die kortlys verskyn. Die bekroonde digter en letterkundige Lina Spies het die drie wengedigte aangewys en deel haar indrukke van die kortlys en wengedigte.
Lisensietyd
2018-12-20"Ek was bang vir sy verinneweerde lyf wat so wanordelik langs die blink motorfiets vertoon het. Sy kieriebeentjies was in ʼn kortbroek geklee. Hy was te lelik om jammer te kry. "
Bybel in Kaaps: Openbaring 1
2018-12-20"7Kyk, Hy kô oppie wolke en elke oeg sal Hom sien, selfs hulle wat Hom gestiek het. En allie volke vannie aarde sal treur oo Hom. Ja, dis soe! Amen."
Kersvader
2018-12-19"Lisa kyk in die grys oë van haar kind langs haar op sy sitplek. 'Nee, my lief, Kersvader sal nie weer by Ouma-hulle se huis of by ons kom kuier nie.'”
Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 3)
2018-12-19"Ôs gat more-oggend vroeg die kinners innie bos in vat, daa wat dittie dikste is. Ôs gat ’n vuur maak, en ôs gat vi hulle elkeen ’n stuk brood gie. Dan los ôs hulle allien daa en gat doen ôs se wêk. Hulle sal nooitie pad trug huis toe kry nie."
Tyd-skryfkompetisie: Kortlys
2018-12-14LitNet het lesers gevra om ’n gedig met tyd as tema te stuur, om in aanmerking te kom vir een van drie kontantpryse. Meer as 300 uiteenlopende inskrywings is ontvang en die volgende 15 gedigte verskyn op die kortlys.
Wholeworld
2018-12-12“Ek wil nie so raak nie. Vergeet dat ek James is nie. Dis een ding wat niemand van my moet wegvat nie. My naam.”
Kyle Allan appointed editor of New Coin
2018-12-07"Kyle also plans to build a stronger media presence for New Coin; to feature forgotten or under-rated poets from the past; and to publish poetry from other South African languages in English translation."
Wat gat nou an, Bo-Kaap?
2018-12-06"Is ’n democracy virrie rich
Buy one get one free
Hulle koep die Bo-Kaap stuk vir stuk
Alles is vi’ sale ..."
Bybel in Kaaps: Abram en Lot
2018-11-27"Lot het toe sy oë op geslat en narrie hele Jordaanstreek gekyk, hy’t gesien dat daa oral oogenoeg water was soesie tuin vannie Jirre, soesie land van Egipte soes djy Soar toe gan. Dit was voorie Jirre vi Sodom en Gomorra vewoes het."
Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2)
2018-11-15"'Waa sien djy ’n duif?' vra sy stiefma toe vi hom. 'Maa oek lekke dom, nuh! Ienige mens kan sien dis die son wat tien die skoorstienpotte skyn.' Maa Hansie hettie vi haa kop toe gevattie, en vêder angegan ennie stukkies brood soes hulle geloepit innie paadjie gegooi."
