#politieklimeriek – Marieta McGrath is die wenner!

  • 6

Meer as 400 limerieke en 10 weke later, en ons het ’n wenner! Marieta McGrath is deur ons beoordelaars aangewys as algehele wenner van LitNet se #politieklimeriek-kompetisie. Behalwe dat sy nou kan aanspraak maak op die titel van Grootkampioen van Limeriek, wen sy R10 000! Baie geluk aan haar en dankie aan almal wat so geesdriftig aan die kompetisie deelgeneem het.  

“’n Waardige algehele wenner. Alhoewel sy ook die tradisionele vorm ignoreer, is sy die enigste van die tien weekwenners wie se limeriekmetrum absoluut perfek is. Daarby is daar die kragtige ironiese laaste reël.” ~ Philip de Vos


 

Marieta is in Windhoek, Namibië gebore, waar sy ook skoolgegaan het. Sy het aan die universiteite van Kaapstad en Stellenbosch studeer, en het in 2016 ’n PhD in molekulêre biologie aan laasgenoemde universiteit verwerf.

Sy is getroud, woon in Somerset-Wes, en maak tans voltyds twee klein woelwaters groot. Tussendeur knyp sy kosbare tyd af om te skryf.

Kyk ook

#politieklimeriek – Video van Marieta McGrath se Week 3-wenlimeriek

  • 6

Kommentaar

  • Avatar
    Neels Jackson

    Baie geluk aan Marieta met 'n goeie limeriek, en dankie aan LitNet vir die kompetisie. Dis nie meer so maklik om 'n Afrikaanse politieke limeriek te skryf soos vroeër nie, en hier is 'n limeriek wat verduidelik hoekom:
    'n Politieke limerieker van die Kaap
    het na ryme geraap en geskraap.
    Ramaphosa en dié
    bied g'n rymwoorde nie.
    Waar tog is Pik en De Klerk en oom Jaap?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top