Josua 1

  • 0

Josua wôd  angestel as leier

1 Narie dood van Moses, die dienaar vannie Jirre, hettie Jirre vi Josua, die seen van Nun, Moses se assistent gesê, 2 “Moses my dienaar is dood. Nou maak jouself reg en kry al die mense gereed om oorie Jordaanrivier te trek na die land toe wat Ek virrie Israeliete gat gie. 3 Soes ek vi Moses beloewe het, Ek sal julle elke plek gie waa julle julle voete neesit. 4 Alles sal julle grond wies vannie Negevwoestyn af tot byrie Libanonberge, en vanaffie Eufraatrivier af tot byrie Middellandse See innie weste.

5 Niemand sal ooit kan tien julle staanie, allie dae van julle liewe. Soes ek met Moses gewiesit, soe sal ek met julle wies. Ek sal jou nooit velaatie of jou ooit innie stiek laatie. 6 Wies stêk en wies vol moed, wan djy sal die mense lei ommie land wat Ek an hulle voo’ouers beloewe het te erf.

7 “Wies stêk en vol moed. En wies vesigtig om allie wette wat my dienaar Moses an julle gegie het, te gehoosaam. Moenie weg van dit af draai nie, nie narie regtekant of linkekantie, soedat djy suksesvol kan wies waa oek al djy mag gan. 8 Hou die Boek mettie Wette vi altyd op jou lippe, en meditate oppit dag en nag, soerat djy alles sal onthou ennit net soe sal doen. Dan sal djy voospoedig en suksesvol wies. 9 Het Ekkie vi jou die opdrag gegie nie? Wies stêk en vol moed. Moetie bang wiesie, moetie moed veloorie, wannie Jirre jou God sal met jou wies waa oek al djy sal gan.”

10 Soe het Josua die amptenare vannie mense die opdrag gegie, 11 “Gat stap deurie kamp en sê virrie mense, ‘Kry julle goed reg, in drie dae van nou af gat julle die Jordaanrivie oo gat ennie land gat vat wattie Jirre julle God vi julle gegie het as julle eie.” 12 Maa annie stamme van Ruben en Gad ennie halwe stam van Manasse het Josua gesê, 13 “Julle onthou mossie opdrag wat Moses die dienaar vannie Jirre an julle gegie het na hy gesê het, ‘Die Jirre julle God sal julle vriede gie deu vi julle die land te gie.’ 14 Julle vroue, julle kinnes en julle vee mag innie land oos vannie Jordaanrivie gat bly, maa amalie manne wat kan veg en wat gereed is vi baklei, moet voorie Israeliete oorie Jordaanrivie gan. 15 Julle moet hulle help totdatie Jirre vi hulle rus en vriede gegie het, soes Hy vi julle gegie het, en oek byrie tyd dat hulle hulle land gevat het wattie Jirre julle God vi hulle gegie het. Na dit mag julle trug gan en in julle eie land gat bly wat Moses die dienaar vannie Jirre an julle gegie het annie oostekant vannie Jordaanrivie, annie kant wattie son opkô.”

16 Toe antwoord hulle vi Josua, “Allie opdragte wat djy vi ôs gegie het, sal ôs volg en doen, en waa oek al djy ôs sal stuu, soentoe sal ôs gan. 17 Net soes ôs na Moses se opdragte geluiste het, soe sal ôs na jou luiste. Maggie Jirre jou God saam jou wies net soes Hy saamit Moses was. 18 En wie oek al tien jou woord wil opstaan, of as hulle nie jou opdragte wil uitvoerie, sal doodgemaak wôd. Wies net stêk en vol moed!”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top