Twee gedigte deur Deon Swanepoel

  • 0

Vergeet om te vergeet

Vir alles wat ’n mens vergeet
is daar lankal in brandkluise
elke woord weggesteek,
in flesse vol rou onthou.
As daardie apocalyptic day
vir my en jou onkant betrap,
alles nietig word en ons dom
teen die seer klimop rank,
sal ons weet
daar’s ’n beter way:
Om te gee en te gee,
totdat ek en jy op empty staan
sodat hulle vol kan word,
want daar is ’n beter way.

Skittersag

Net ’n flonkerinkie lig,
sal jy kom en skyn
soos die wind oor duine loop,
sodat my hart sy drome
van gister kan gaan haal.
Dit is donker in die Melkweg;
ek struikel aanmekaar
in die blinkwit strale van die son.
Ek het te diep gekyk,
te lank gestaar,
my oë sien slegs lyne
in helder swart
en stukkies ligte blou.

Lees ook

Twee nuwe gedigte deur Deon Swanepoel

"Sal jy" deur Deon Swanepoel

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top