Deon Swanepoel

Deon is in die Wes-Transvaalse bosveld gebore. Nadat hy die bosveld van sy grootwordjare verlaat en draaie in teologie en kleinhandel gemaak het, het hy die voorreg gehad om in verskeie lande te woon en te werk: Koeweit, die goue Arabiese woestynland met sy oorvloed olie, dadels en Persiese matte, gasvrye Ciprus, die geskiedkundige Jordanië en die vrugbare Lebanon met sy pragtige seders. Daarna ook in die Verenigde Arabiese Emirate en Shanghai, Sjina. Tans woon hy en sy vrou aan die voet van Tafelberg in die mooiste Kaap, waar hy tot onlangs die hoofbestuurder van ’n Christen-uitgewery was. 

Deon is ’n ywerige versamelaar van Royal Albert, Dinky Toys en ou Suid-Afrikaanse note en munte. Hy neem graag foto’s en is versot op enige vorm van ’n donkie- kar. Verskeie van sy gedigte is in versamelbundels gepubliseer en een is by die Afrikaanse Taalmonument se Groen Galery uitgestal. Hy het Afrikaans en sy mense lief en in besonder “Annerlike Afrikaans”. Ten diepste is hy maar ’n gewone ou, ’n sielsgenoot, pa en trotse oupa.

 

Ek droom nog

Deon Swanepoel Poësie 2020-07-08

"in my jeug was die bome se groen anders,
die son het lig en spatsels donkergroen
oor die blare geverf met ’n kunstenaarskwas"

Draai my toe

Deon Swanepoel Poësie 2020-06-04

"Anderkant die grafkelders wag Hy
sprinkel my met hisop
dans my tot voor die ark"

Twee gedigte deur Deon Swanepoel

Deon Swanepoel Poësie 2019-05-27

"my oë sien slegs lyne
in helder swart
en stukkies ligte blou." 

Twee nuwe gedigte deur Deon Swanepoel

Deon Swanepoel Poësie 2019-02-19

"Niks is gewaarborg op hierdie reis
alleen stap jy en los ’n spoor
hoe wankelrig ook al"

"Sal jy" deur Deon Swanepoel

Deon Swanepoel 2011-10-17

"Dis net jy" deur Deon Swanepoel

Deon Swanepoel 2011-10-04
Top