
Fotobron: Canva
Draai my toe
sal jy jou laken vir my skeur
my toedraai in die blousel van jou liefde,
soos ’n lyk gebalsem vol wierook
so kan ek deur tyd en ruimte reis,
na ’n nuwe land
sonder grense
of tyd ─
geen verwyt.
Anderkant die grafkelders wag Hy
sprinkel my met hisop
dans my tot voor die ark,
vou my toe in mirre
want hier sterf ons onbekend,
alleen sonder ’n laaste groet
net die ventilator wat ophou –
pomp

