Sal jy
Ek kan nie ophou
om jou so mooi te vra
vat tog net my lappieshart
maak hom asseblief weer heel.
Sal jy, sal jy
sal jy my kom heelmaak
voor die pyn te veel raak
Sal jy
Kyk niks is dieselfde meer
in hierdie konka-hart
dra ek stukkende drome
en sit hul by jou voete neer
Sal jy, sal jy
sal jy my kom heelmaak
voor die pyn te veel raak
Sal jy
Jy maak alles mooier
die winters en die somer
hierdie kruik is flenters
maak hom asseblief weer heel
Sal jy, sal jy
sal jy my kom heelmaak
voor die pyn te veel raak
Sal jy
Kyk die bome lag
die veldblom juig
ek kan nie ophou
om jou so mooi te vra
vat tog net my lappieshart
en maak hom asseblief weer heel
Sal jy, sal jy
sal jy my kom heelmaak
voor die pyn te veel raak
Sal jy
Sal jy, sal jy
sal jy my kom heelmaak
voor die pyn te veel raak
Sal jy
![]() |



