"Dis net jy" deur Deon Swanepoel

  • 0

Dis net jy

In my hart speel jy ’n simfonie
niks anders maak meer saak
Ek proe die nektar van jou mond
en ruik jou vrouwees hier by my.

Dit was nog altyd maar net jy
Al het ek vêr geloop
op vreemde plekke plesier gaan koop
Weet ek nou beslis
dit was nog altyd maar net jy.

Ek dra jou liefde saam met my
van Bethlehem to by Napier
Ek voel jou sagte hande
en soen jou voete elke aand.

Dit was nog altyd maar net jy
Al het ek vêr geloop
op vreemde plekke plesier gaan koop
Weet ek nou beslis
dit was nog altyd maar net jy

Sonder jou is daar geen sin nie
Gaan die vuur hier binne my morsdood
Jy is die kosmos van my siel
Die bloekom in my wind

Dit was nog altyd maar net jy
Al het ek vêr geloop
op vreemde plekke plesier gaan koop
Weet ek nou beslis
dit was nog altyd maar net jy

Dit was nog altyd maar net jy

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top