Die wolf ennie siewe kinners: ’n Kinnervehaal deurie Grimm Broes: Deel 2

  • 0

Kôt daana hettie ou bok uitie veld uit byrie huis angekô. Sy’t haa boeglam geskrik toe sy by haa voodeu instap en sien hoe dit lyk. Die tafel het op sy rug gelê, die stoele en banke het rond en bont gelê. Die wasbak het in stukkies oppie vloer gelê, ennie koebêse ennie kussings het in ’n bonnel opppie vloer gelê. Sy’t haa kinners gesoek, maa sy kon hulle nêrens kry nie. Sy het na elkeen van hulle op hulle naam geroep, maa niemand het geantwoortie.

Maa toe sy haa kleinste kind se naam geroepit, toe hoo sy ’n sagte stemmetjie. “Mammie, ek is hie innie holosiekas.”

Sy’t haa kind uitie holosiekas gat uithaal ennie kleintjie het haa toe vetel hoe die wolf byrie huis in gekommit en amal opgeïet het. Die ou bok was baie hartseer en het kliphard beginte huil toe sy hoo wat met haa kinners gebeerit.

Sy’t toe na ’n ruk besluit om te gat stap net om bietere te kan voel, en haa kind het toe saam haa gegan. Toe hulle by die weiveld kô, toe sien hulle die wolf wat onnerie boem lê en snork lattie boem se takke biewe. Sy’t tot by hom geloep en hom van alle kante af bekyk. Sy’t toe gesien dat daa iets kriewel en druk in sy dikgevriete mag. Nog nooit kannit wiesie, dink sy toe, issit rêrig moonlik dat my kinners wattie wolf heel opgevriet het, nog liewendig kan wies?

Sy’t toe vi haa kleintjie gesê om gou huis toe te haloep en die naalwêkskêr en garing te loep haal.

Die bok het toe die naaldwêkskêr gevat ennie wolf se maag oepgesny. Sy’tie eens rêrig beginte sny nie, toe stiek een van haa kinners hulle kop deurie sny. Sy’t toe vêder an gesny en al ses van haa kinnners het uitie wolf se maag uitgespring, die een narie anner een. Hulle was nog amal liewendig, ennie een het seegekry nie. Die wolf was soe honge en uigeïet dat hy hulle heel ingesluk het.

Die kinners was amal soe heppie om hulle ma te sien dat hulle amal boe-op haa gespring het. Die ma was net soe heppie om vi hulle te sien maa sy’t hulle gesê, “Gat soek gou ’n paa groot klippe, soerat ôsie wolf ’n lekke les kan lee. Ôs gat sy mag vol vannie klippe stop en dan kyk ôs of hy wee gat proebee wat hy vedag geproebeerit.”

Die siewe kinners het ’n klompie klippe na hulle ma toe gebring wat hulle innie wolf se maag ingestop het. Toe die wolf se maag propvol was hettie ma die wolf se maag vinnig toegewêk, wan sy was bang die wolf skrik wakke nog voorat sy klaa kon kry. Maarie wolf was soe vas annie slaap dat hy nie ees eenkee geroer hettie.

Die wolf het toe na ’n lang tyd wakkegeskrik het en opgestaan wannie klippe in sy maag het hom baie dôs gemaak. Hy’t opgestaan en beginte loep narie waterput toe. Maa met dié wat hy stap hettie klippe in sy maag tien mekaa beginte skuu en kap. Die wolf het toe kliphard geskrie:

“Wat skuu en kap soe
tienie my arme ribbes?
Ekkit gedink dit was ses kinners,
maa nou voelit net soes ’n klompie klippe.”

Toe die wolf byrie waterput gekommit, en oorie rand gelê het om water te drink, hettie klompie swaa klippe hom lat inval, en hy’t net daa vesyp, wannie klippe het hom lat sink narie bodem vannie waterput.

Toerie siewe kinners en hulle ma gesien het wat gebeerit mettie wolf het hulle amal narie waterput toe gehaloep, ennie kinners het beginte skrie: “Die wolf is dood, die wolf is dood!” Hulle het amal ommie waterput gesing en dans van kan bly wies dat hulle nie mee hoef te warrie oorie wolf en sy skelm gedagtesie.

Die ma-bok en haa siewe kinners het vi iewig en altyd in vriede in geliewe sonner om te warrie oo ’n wolf met sy skelm gedagtes.

Lees ook

Die wolf ennie siewe kinners: ’n kinnervehaal deurie Grimm Broes

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top