Die wolf ennie siewe kinners: ’n kinnervehaal deurie Grimm Broes

  • 0

Daa was eendag ’n ou bok wat siewe klein kinners gehad het. Sy’t hulle amal baie lief gehad, met allie liefde van ’n ma. Eendag was dit tyd vi haa om bos toe te gan om te gat soek vi kos. Sy’t toe al haa siewe kinners bymekaa geroep en vi hulle gesê, “My liewe kinners, ek moet vidag uit gan bos toe en julle sal moet hie bly. Julle moet wakke wies en uit kyk virrie wolf. As hy moet hie inkô, dan sal hy julle amal heel insluk. Die wolf maak altyd soes hy iemand anners is, maa julle sal hom uitken by sy growwe stem en swat pote.”

Die kinners sê toe, “Mamie moetie warrie nie. Ôs sal agte ôsself kyk. Mamie kan maa vi ôs hie los, ôs sal mooi agtemekaa oek kyk.”

Die ou bok het geblêr, en haa kinners alien gelos by die huis om te gat kos soek.

Dit wassie lank daana nie, toe klop iemand an hulle huis se deu en skrie, “Waa julle dan? Maak oepie deu, dis julle ma wat trug byrie huis is, en sy’t vi julle elkeen iets lekke gebring.” Maa die kinners wassie dommie. Hulle het somme dadelik gehoo dat dittie wolf is deu sy growwe stem.

“Ôs sallie die deu oepmaakie!” het hulle geskrie. “Djy issie ôs ma nie. Sy het ʼn sagte en vrienlike stem, maa djy’t ʼn growwe stem. Ôs wiet djy’sie wolf! Gat hie weg!”

Die wolf het daa weggestap na ʼn winkeltjie toe wattie te vê vannie die bok en haa kinners se huis wassie. Hy’t ʼn groot stuk bordkryt vi hom gat koep. Hy’t dit geïet om sy stem sag te maak. Hy’t toe wee gegan tot by die bokke se huis. Toe hy daa kô, het hy annie deu geklop en geroep, “Maak oepie deu my liewe kinners. Dis ek, julle ma, en ek het vi elke een van julle iets lekke saam gebring.”

Maa die wolf het sy swat pote tienie venster gesit, ennie kinners het dit gesien en geskrie, “Ôs gat nog nooit die deu oepmaakie. Djy issie ôs ma nie, wan ôs ma hettie swat pote nie, en jou pote is swat! Djy issie wolf! Maak dat djy hie wegkô!”

Die wolf het toe daa weggehaloep na die bakker toe, en virrie bakker gat sê, “Ai bakker, ek het tog my pote see gemaak. Help my tog net en draai van jou dieg om my pote.”

En toe die bakker klaa die dieg ommie wolf se pote gedraai het, hettie wolf narrie maler toe gehaloep en virrie maler gesê, “Gooi asseblief van jou wit meel oo my pote.”

Die maler het by homself gedink die wolf wil sieke iemand inloep. Die maler wou toe nie die wolf helpie, maarie wolf het nader an hom gestaan en gesê, “As djy dittie nou doenie, dan vriet ek jou nou op!”

Die maler het soe groot geskrik en bang geraak, en somme dadelik die wolf se pote wit gemaak mettie meel.

Soe hettie wolf die dêre kee na die bokke se voodeu toe gegan. Hy’t geklop en geroep, “Maak oep die deu vi julle mamie, kinners, ek is trug byrie huis en ek het vi julle elkeen iets lekke uitie bos uit gebring.”

Die kinners het toe trug geskrie, “Wys ôs eeste jou pote, lat ôs kan sien of dit rêrig ôs mamie is.”

Die wolf het toe sy pote deurie venste gestiek, en toe die kinners sien dattie pote wit is, het hulle hom gegloe en net daa die deu oepgesluit.

Maa toe hulle sien dattie een wat deurie deu kô, nie hulle ma wassie, het hulle soe groot geskrik en hulle beginte weg stiek. Een het onnerie ietenstafel ingespring, die twiede een het innie bed gespring, die dêre bokkie het innie oond gespring, die viede een het innie koebuis ingehaloep, die vyfde een het innie groot kas gespring, die sesde bokkie het onnerie wasbak weggestiek, ennie siewende bokkie het innie klokkas gespring.

Maa die wolf het hulle amal gekry. Maa hy’tie nog gewaggie, hy’t somme die een na die anner ene beginte heel-heel insluk. Maa die jongste bokkie wat weg gat stiek het innie klokkas hettie wolfie gekry nie.

Toe die wolf dik geïet was, het hy onnerie skaduwee vannie groot boem langsie huis gat lê. Hy’t net daa vas annie slaap geraak.

 

... Vevolg  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top