
oogwinks versuie ons in swart melk
die hysbak ter helle
damwalle tuimel
en ons harte dans
ʼn duisend donderslae
tussen mure van sekondes
word ons podium ʼn skavot
en greintjies rede uitgepars
sy loer onder haar duiwelsbrood uit
en gryns met toegenaaide ogies
o wee, gagga gogga sy is hin judasbok
die satansinkarnaat
fees oor die vrug van sy konkelwerk
ewe devoot in die naam van die etiek
o wee, o wee, kerm die weduvrou viljee
twee gagga goggas ry drie-drie op ʼn drol


Kommentaar
"... en gryns met toegenaaide ogies," vind ek intens prettig!
Dankie Jacobus!
Groete, Marius.