’n Dosent wat die digkuns in die sneeuvlokkie raaksien: Dewald Koen deel sy studente se poësieplakkate

  • 0

Dewald Koen, betrokke by die Fakulteit Opvoedkunde  aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth (by die afdeling Aanvangsonderwysopleiding), se passie is Afrikaanse letterkunde en poësie. Hy het onlangs vir sy eerstejaarsklas gevra om plakkate van Afrikaanse digters en hul werk te maak. Hier onder gee Dewald nog meer agtergrond en die studente deel ook hul plakkate.

In “God die digter” skryf die digter-literator TT Cloete:

Chili is deur ’n digter gemaak ~ Neruda

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die môremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ’n digter gemaak

(Driepas, 1989)

Die Afrikaanse poësie lewer jaarliks opwindende nuwe stemme op wat die ryk skatkis van die reeds bestaande digkuns aanvul. Om eerstejaarstudente opgewonde te maak oor poësie kan soms ’n uitdaging wees.

Ter voorbereiding vir die Afrikaanse poësiemodule wat die eerstejaarsklas (Intermediêre Fase) in die tweede semester aan die Nelson Mandela-Universiteit se opvoedkundefakulteit gaan volg, is studente aangemoedig om vooraf oor Afrikaanse digters te gaan oplees. Elke student het die naam van ’n digter ontvang en moes ’n visuele uitbeelding van die digter se lewe en werk saamstel. Die studente het die opdrag terdeë geniet en met allerlei kreatiewe skeppings vorendag gekom. Die gedigte wat studente gekies het, was insiggewend. Sommige studente het die uitbeelding van motiewe en temas in digters se werk beklemtoon, soos in die geval van die reismotief by Joan Hambidge en Bibi Slippers se liefde vir skape. Graag deel ek ’n paar van die studente se plakkate met LitNet se lesers.

Vier van die studente wat die plakkate gemaak het: Aiden Syce, Megan Coetzee, Francois Nothnagel en Jade-lyn Jagers (foto's van elk: verskaf)

Lishé Lategan se plakkaat rondom Joan Hambidge is aangewys as die beste plakkaat.

Mari van Onselen se plakkaat rondom Ingrid Jonker is aangewys as tweedebeste plakkaat.

Jason Kleinhans se plakkaat rondom WEG Louw is as derdebeste plakkaat aangewys.

Hieronder volg die res van die studente se plakkate.

Jade-lyn Jagers se plakkaat rondom Marlene van Niekerk

Dorian Miles rondom Clinton V du Plessis

Courtney Shongwe se plakkaat rondom TT Cloete

Carlin Jantjies se plakkaat rondom Bibi Slippers

Francois Nöthnagel se plakkaat rondom NP van Wyk Louw

Lynette Ittershagen-Strauss se plakkaat rondom Nathan Trantraal

Aiden Syce se plakkaat rondom Marlise Joubert

Carlo Jonck se plakkaat rondom Uys Krige

Jaraldine Killian se plakkaat rondom Louis Esterhuizen

Nicole Lewis se plakkaat rondom Andries Bezuidenhout

Marnus Lombard se plakkaat rondom Sheila Cussons

Anastasia Plaatjies se plakkaat rondom Ronelda Kamfer

Bendré Jonck se plakkaat rondom Daniel Hugo

Brittani Hendricks se plakkaat rondom Fourie Botha

André Gerber se plakkaat rondom Breyten Breytenbach

Michaela Ruiters se plakkaat rondom Johann de Lange

Claudine de Wet se plakkaat rondom Antjie Krog

Devan Willemse se plakkaat rondom Loftus Marais

Denver Jafta se plakkaat rondom Elisabeth Eybers

Aiden Felkers se plakkaat rondom Marius Crous

Nastascha Nell se plakkaat rondom MM Walters

Megan Coetzee se plakkaat rondom Lina Spies

Tiaan du Toit se plakkaat rondom Olga Kirsch

Ter wille van volledigheid: Dewald Koen laat weet dat daar opdrag gegee is om ook plakkate rondom die volgende digters te maak, maar die plakkate is nie ingehandig nie: DJ Opperman, Johann Lodewyk Marais, Ina Rousseau en Louis Leipoldt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top