Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen, deel 2

  • 0

“Kyk wat djy gemaakit!” huil Klein Klaas, “Wat gat ek nou maak sonner ʼn pêd?” Klein Klaas het vir ʼn lang tyd gehuil oo sy pêd wat dood is, maa na ʼn ruk toe ruk hy vi hom reg, en gat slag hy toe die dooie pêd virrie pêd se vel. Hy’t die vel opgehang innie wind lat dit droeg kan trek. Toe die vel droeg was, het hy dit opgevou en in ʼn sak gesit en oo sy skouer gegooi en beginte stap ommie pêd se vel innie dorpie nie te ver van hulle dorpie affie te loep vekoep.

Ommat Klein Klaas gestap het, het hy ʼn baie lang pad gehad wat hy moes geloep het. Hy’t toe besluit ommie kotpad deurie dik en donke woud te vat. Dit het toe iewe skielik had beginte rient, en hy’t vedwaal innie woud. Voo Klein Klaas die regte paadjie uitie woud uit kon kry, het dit aand geraak, en die pad was nog lank narie neks dorpie toe, en dit was oek te ver vi hom om trug te draai en huis toe te gan voorit nag raak.

Maa nie te ver van waa Klein Klaas gestaan hettie, het Klein Klaas die dak van ʼn groot plaashuis raakgesien. Hy’t toe soentoe geloep en toe hy naby die huis kô toe sien hy dat allie deure en vênstes toe was, en die gordyne was amal toegetrek. Maa hy hettie skrefies lig boe die voodeur sien deu skyn.

“Miskien sal hulle my toelaat om hie te bly virrie aand,” het Klein Klaas gedink. Hy’t toe annie voodeu gat klop. Die boer se vrou hettie deu oep gemaak, maa toe sy hoo wat Klein Klaas wou hê, toe djaag sy hom weg.

“Maak lat djy hie wegkô!” het sy gesê. “As my man jou hie vang dan issit jou eie skuld as djy gat see kry. Hy sal nooit lat hie vriemde mans hie innie huis kô bly nie.”

“Dan het ekkie ʼn keuse dan om hie buite jou huis te slaapie,” het Klein Klaas an homself gesê soesie vrou die deu in sy gesig toegeklappit.

Naby die groot plaashuis was daa ʼn groot hooimied, en tussen die hooi ennie huis het daa ʼn skuur gestaan met ʼn grasdak.

“Ek kan daa binne lê,” het Klein Klaas gesê. “Maa ek hoepie die voëls kom af en byt my biene nie.” Wan boe-oppie grasdak het daa ʼn bolling voëls gesit.

Soe het Klein Klaas opgeklim na die skuur se dak toe om onnerie dak te gat slaap. Soes Klein Klaas vi hom gemaklik gemaakit onnerie dak, het hy gesien dat een vannie vênstes se gordyne oep is, en hy kon innie voohuis sien waa daa ʼn groot tafel gestaan het wat gedek was met twie bottels wyn, gebraaide vleis, en ʼn gebakte snoek. Die boer se vrou het saam ʼn man gesit byrie tafel, en sy’t die man se glas vol wyn gemaak. Sy’t hom ʼn stuk snoek afgesny en dit op sy bord gesit, en ʼn stuk vleis gegie. Die man hettie vleis eenkantoe gestoot en nog vi hom ʼn stuk vis by gevat. Dit het vi Klein Klaas gelyk soes die vis sy gunstelingkos was.

“As ek maa oek net ʼn stukkie vis en vleis kon kry,” het Klein Klaas gekreen soes hy sy maag vasgehou het. Hy’t sy kop nog vêdere gestrek om te sien wat nog alles oppie tafel is, toe hy die groot sjokoladekoek sien.

“Hulle iet mos rêrig lekke venaand,” het Klein Klaas gesig.

Op daai oemblik het hy die gedreen van ʼn pêd se hoewe wat tienie grond val, gehoo ankô af innie pad narie plaashuis toe. Dit was die boer wat oppad huis toe was.

Vevolg volgenne maand

Lees ook deel 1

Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top