1 Johannes 1

  • 1

Die Woord vannie Liewe

1 Ôs skryf an julle oorie Woord vannie Liewe, wat bestaanit vannie begin af. Ôs het dit gehoo en dit met ôs eie oë gesien, ja, ôs het dit gesien en met ôs eie hanne annit gevat. 2 Toe die liewe sigbaar geraakit, het ôs dit gesien, soe ôs praat daaoo en vetel vi jou oorie iewege liewe wat mettie Vader was en wat an ôs gesê was.

3 Soe wat ôs gesien en hoorit vetel ôs nou oo an jou soerat djy saam ôs kan staan innie genootskap wat ôs mettie Vader het en met sy Seen Jesus Christus. 4 Ôs skryf dié soerat ôs amal se heppiness kan vol wies.   

 

God issie Lig

5 Nou die boodskap wat ôs van sy Seen af gehoorit, is dat God issie lig, en daa issie ees ʼn klein kolletjie donkete in hommie. 6 As ôs dan sê dat ôs in ʼn vehouding met hom is, maa innie selle tyd liewe ôs innie donkete, dan lieg ôs mos in ôs woore en hoe ôs ôs gedra. 7 Maa as ôs innie lig liewe, net soes Hy wat innie lig is, dan het ôs die vehouding tussen mekaa oek, ennie bloed van Jesus, die Seen, maak ôs skoon van ôs sondes.

8 As ek of djy moet sê dat ôsie sondig of sondes hettie dan lieg ôs vi ôsself, dan is daa nie ʼn stukkie waarheid wat liewe in ôsie. 9 Maa as ôs ôs se sondes voo God bely sal Hy sy beloftes hou en doen wat reg is. Hy sal ôs se sondes vegiewe en ôs skoon maak van amallie dinge wat ôs vekeerd doen. 10 As ôs sê dat ôs nog nooit gesondig hettie, dan maak ôs van God ʼn leuenaar, en dan is sy woord ’ie in ôsie.

Lees ook

1 Johannes 2

  • 1

Kommentaar

  • Jeanette Ferreira

    Hierdie teks bring trane in my oë. Jakes Gerwel het skrynend in sy doktorale proefskrif uitgewys hoe Kaaps hoofsaaklik gebruik is om "die jollie hotnot" uit te beeld. Dankie, Olivia M Coetzee, vir die mooiheid, die egtheid en die sensitiwiteit hiervan. Nou lieg ôs mos nie mee in ôs woore en hoe ôs ôs gedra nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top