Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Gister en vandag

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2023-12-21

"Ek knip die nuwe lap
Ryg die gare
Steek die naald dieper
Stik die blom en die blare"

Taaljuweel

JC De Jongh Poësie 2023-12-21

"My kosbare taal, juweeltaal
My geboortewêreld se Afrikaans"

Ons dans as sy sing

Johan van der Merwe Poësie 2023-12-21

"sy is woorde wat skuil
in vreugde as ons sing
sy is inspirasie wat ons gee
want
sy is woorde –"

Leemte

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2023-12-14

"Die koue kleef nog
Die winter sny
Ek strek na stilte
Jy vou die lente om my"

Huisgodsdiens

Coen Vollgraaff Poësie 2023-12-14

"en ons kinders
ons sit soos olyfboompies
om die ronde tafel
wonder hoe lank
die ewigheid sal duur"

Ongetiteld

Chestlyn Draghoender Poësie 2023-12-14

"moenie skrik vir afbrekende
geeste
of bang wees vir boelies nie,
want hulle fool niemand nie"

Hekelstories

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2023-12-07

"Maar ek vang hom in die daglig
Strik hom vas
Hang hom aan ons boom
En na Kersdag haal ek hom af"

Somer

Willem de Swyger Poësie 2023-12-07

"die son se strale wat skyn
oor ’n goudgeel seisoen
wat ruik na jasmyn
en proe soos ’n oopbeksoen"

As jy

Tanya Coetzee Poësie 2023-12-07

"Ons kan saam die vrugte eet in ons paradys,
sal jy vir ewig voel wat ware liefde is."

Verlang

Delia Botha Poësie 2023-12-07

"Ek voel jou.
Ek hoor jou.
Ek sien jou.
Ek proe jou.
Ek ruik jou."

Waar die jasmyn

Willem de Swyger Poësie 2023-11-30

"en droom
van die stil nag
se soete rus"

Stilswyende sonsak

Jaco du Toit Poësie 2023-11-30

"Bloeiende sonsak  
Brekende wit lig  
Bring die einde aan die lang dag"

Judas

Neo Mehlomakulu Poësie 2023-11-30

"toe ek myself aan jou toevertrou
was jy die engele gabriël, michael en raphael"

Wêreldskrake

Chadwin Verwey Poësie 2023-11-30

"Vriende, familie loop voor
Sing jy nog ooit in die koor
Nuuskierigheid breek deur die muur
Vra hulle
Waarmee is jou siel versier"

Blom op my graf

Neville Pedro Poësie 2023-11-23

"my hart sal ’n grafblom nooit 
kan waardeer nie
en my toe oë sal dit nooit kan sien nie"

Grootwordjare

Manie Schoeman Poësie 2023-11-23

"My grootwordjare
op plase en plotte
westekante van dorpe"

Douvoordag

Willem de Swyger Poësie 2023-11-23

"is ek weer ’n kind
want oombliklik
kan ek glo
dat die wêreld goed is"

Ek hunker na woorde

Johan van der Merwe Poësie 2023-11-16

"tog is die wind genadig
soos die God van die Bybel
wat nie die riet sal breek
of die lamp se pit sal uitblus nie"

Spreekbeurt

Marisa Fourie Poësie 2023-11-16

"Praat, ’n geleentheid
’n kans om die stilte te ruk
sê wat bedoel word
forseer die oor om te sluk"

Woorde

JC De Jongh Poësie 2023-11-16

"Ek het destyds gelees die water is troebel gemaak
sodat jy moet dink dit is diep."

Top