
Foto: Canva
die uninstalled liefde
ma,
ek bel vanaand vir ma
...
tel tog net die phone op:
ek kannie mee deal met die uninstalled love nie
ma,
ek’s moeg, ek’s moeg van asemhaal
ek’s moeg
en die goeie God kommie my gebede na nie
ma,
hy kan maar my kom haal
want die love is noggie
installed nie
ma, ek’s moeg
kom tog
tel tog net die phone op
ek gaan my lewe neem, en dan kan die tyd nie truggedraai word nie
ek’s moeg, ma
tel tog net die phone op

