My drome

  • 2

Foto: Canva

My drome

Ek omsoom my drome
met sakke vol gisters
met vergifnis oor alles
wat teen my gedoen is

omdat mense nie weet
wat hulle doen nie
nie kan verstaan
waaroor hierdie lewe
werklik gaan nie

ek omsoom my drome
met lag en gesels
oor alles wat die lewe behels
om net te vergeet

van die leed
om net te weet
ek is bevry
van my

ek omsoom my drome
met God se liefde
geloof en hoop
wat nie alleen kan loop
na môre se seën

as dit saggies kom
op die wind
wat jy nie kon vind
wat tog net eendag
skielik sal verskyn.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top