
Foto: Canva
Kastele in die lug
Drome is oorde
waarheen ons vlug
paradys vir ons gedagtes
ons kastele in die lug
as die lewe sy rug op jou draai
hier is jy die heerser
wat alles maak pas
alles wat is en alles wat was
jy bepaal jou eie lot
al is dit net in jou kop
tog neem dit die werklikheid weg
vir ’n rukkie
behandel die lewe jou sleg
vlug jy na jou drome weg
om te gaan skuil
onder die amandelboom
diep en ver in jou eie droom
die lewe is wreed
mense is venynig
moet dit net nooit vergeet
drome is nie werklikheid nie
slegs jou kastele
in die lug
as jy dit vergeet
kom jy dalk nooit terug.

