
Foto: Canva
Digterskap
bring jou drome en geraamtes
vir die proefleser en redigeerder
sodat jou verse en klanke
hul tonele sein oor ydel gesigte
vóór dit verlep tussen oog en mond –
want elke poëtiese beskrywing
verwoord ’n proses van die gewete
die golflengtes van ’n wandelaar
en in die uittog van ’n boodskap
daar is somer én winter in herinnering
óók herfs én lente in elke digterskap
en êrens in die naklanke
val seisoenale metrums in die reuk
van smeulende slotstrofes –
want vingers beskryf
die bros stoorkamers in ’n gedig
die kliniese lens van die wêreld
tot die wysheid in ’n leë huis verdwyn


Kommentaar
Die metafore in die gedig is ietwat gemeng. k hou van die gedagte van gedigte wat hul tonele sein, voortgesit met golflengtes, na-klanke, uittog van 'n boodskap: die idee van afstande wat oorkom moet word.
In die tweede strofe spring van die seisoene, dan terug na trek - van stoorkamers na 'n leë huis.
Onseker of die verlep-beeld, of die kliniese lens, lekker pas.
Die ritme van jou verse werk goed.