
Foto: Canva
Swirlkous
Swirlkous is weer vroeg op vi’oggend
Gown styf gebind ommie waist
gwaai tussen die vingers en half innie mond
Sy is reg om die dag te verower
Swirlkous is die dorp se grootste sensasiesoeker
Jy sal haar altyd met ’n koppie tee in die hand vind biesig om te fietna
Swirlkous weet ALLES
Die walms in die dorp ruik na swirlkous se bek
Mens kan sien da’ was geen keer aan haar vraterigheid gisteraand met daai staain nie
By the way,
niemand durf om van swirlkous te skinne nie
Sy gat vi’ jou donne
Besides,
Sy ken die nuutste en oulikste vloekwoorde
Swirlkous is nie ’n vrou met wie jy wil mors nie
Soms wonne ek of swirlkous se huis al skoon is
Ma’ dissie my biesigheit nie
Ek willie gedonne word nie


Kommentaar
Nhy een ding ek't jou mooi geleer🤣😭