Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

By die Pretoriase Kunsmuseum

Celesté Fritze Poësie 2023-03-16

"Hoë regeringsoffisiere is elders aan diens,
ongekende eerbetoon weerhou,
daar is geen helms, uniforms, wit pluimvere nie,
nóg vir Oermoer, nóg vir haar seun."

By die afsterwe van ’n beeldhouer

Celesté Fritze Poësie 2023-03-09

"Hoog teen die bergpad op, waar die beeldhouer
sou kon speel as kind,
beur ’n jong wit hond uit sy oopgeskulpte hande vry."

Ligjare

Jacques Boshoff Poësie 2023-03-09

"jou lig is nie meer vir my so helder nie
jou stem verdwyn in golwe van gesuis
ma, deur my lens is jou beeld besig om te verflou:
daar is reeds drie-en-dertig ligjare
tussen my en jou"

Vat my terug

Terry Terblanche Botha Poësie 2023-03-09

"Vee dit af,
Laat my trane en Gonubie se see saamsmelt
Laat ek weer net een maal
Op die promenade stap"

Die album

Hendie Grobbelaar Poësie 2023-03-09

"Dowwe kiekies
op taai karton
voosgevatte sellofaan
verbleikte madeliefies
aan die buitekant"

Muse

Karin Walker Poësie 2023-03-02

"sy weet min wat my makeer
en sy gee ook nie om nie"

Dans

Marisa Fourie Poësie 2023-03-02

"Die ritme van die wêreld klop saam haar hart
Sy huppel en dans
Vir almal se part"

Swyg

Caren Kearley Poësie 2023-03-02

"Dit het niks met digters te doen nie
ook nie met skrywers se sondes nie
dit het nie vandag gebeur nie
want gister het ook te gou gekom"

Leë lanings

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"die wete van die geskende mond
lê leesbaar in die mooiste oë
en verloopte liefdes hang die stiltes
van die mooiste liedere vol."

IV    Son-net

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"Op die strand die dowwe mens, kwalik in staat
om die oordaad na ander te weerkaats."

Kuur

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"met liggetinte water lê sy die gloed
deur die venster neer op papier
laai dan die kwas swaar met pigment
en skilder sorgsaam ’n kuur"

Seetaal

Heilna du Plooy Poësie 2023-02-23

"daar moet oerwoorde wees
om oor die see te praat"

In die fragmentarium 3

Breyten Breytenbach Rubrieke 2023-02-17

"Leser:
As jy maar weet
Jou stillees was ’n murmelende stroom
Waar ek moeg gereis kon buk
Op soek na die afwesige gesig
En my dors te les ..."

Versstiltes: haikoes

Ina Bergh Poësie 2023-02-16

"Plantasie vere
weerkaatsing op die water
fleurige flaminke"

Dwaaldrome

Caren Kearley Poësie 2023-02-16

"ander kere verdwaal ek alleen
met ’n hand vol broodkrummels
en my wit wolkombersie."

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Marius Botha Poësie 2023-02-16

"(al om die beurt:
die een altyd skugter,
die ander een nugter)
leer ons mekaar van
ngomso se drome en die spoke van gister"

Sal jy onthou?

Loretta Szikra Poësie 2023-02-09

"sodat dit verlangend kan eggo
in die gange van nostalgie
waar die lokstem van ons liefde
oor en oor in jou afdwaalhart herhaal?"

Glipdrome

Caren Kearley Poësie 2023-02-09

"sleep my só deur die binneruimtes
van jou stilste denke
en soms
net soms
los jy my op plekke
waar jy drome vir my baar"

Helaas, retories

Marius Botha Poësie 2023-02-09

"hoekom was jy nie dít vir my
wat jy vir my was toe jy nie
mýne was nie?"

Baberton Daisy

Lucas Zulu Poësie 2023-02-09

"Let my words caress you,
my gentle hands are thornless,
here to charm you, not to harm you"

Top