Uit die aarde

  • 1

Foto: Canva

Uit die aarde

waar het jy gegroei as sperm?
in ’n eier, met of sonder dop?
het jy gegroei in baarmoeder
om eendag hier op aarde te galop?
die meeste diere, skaars gebore,
kan sonder ouersorg oorleef.

maar jy o mens is tog so broos,
moet huil en wag vir voeding.
vir klere, reiniging.
ja, mens, jy is totaal weerloos.
kyk in die oë van die een
wat jou moet hulp verleen.

die fases deur jou lewe heen
’n man gegroei uit ’n seun
of vrou uit meisie lyf –
deur groeiproses gedryf
word jy die skepping se kroon.
tegnologie, KI jou droom.

’n splinternuwe orde word gebore
ons mors, ontbos, verniel tot brekens toe
die eie-ek en wat ek wil
dryf wêreldwyd die wiel
wat gaan ons los behalwe egoïsme?
vir ons nageslag, ons grootjie-kinders?

  • 1

Kommentaar

  • Jou gedig weerspieël die broosheid van die mens en sy afhanklikheid so mooi. En dan die vernietiging van ons moederhuis waar ons en ons nageslag moet agterbly deur die donker dade van onbetrokkenheid en 'n mensdom se donker vandalisme. Welgedaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top