Waterfront

  • 0

Foto: Canva

Waterfront

onder die brug
by die kloktoring
baai robbe in die son

snuiwend na
varsgebraaide
kreef op restaurantborde

seiljagte
vaar uit na
wie weet waar

in die nag
met ligte
stralend
oor die water

Tafelberg kyk
grys uit oor die
Moederstad

terwyl ’n kind
roep gee my
net ’n stukkie brood

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top