Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Gebede by die wisseling van die getye
2025-08-07"O Heer, neem ons ook so saam met U op reis,
en laat ons U ter lug en see ewig prys."
Die muse se collage van sinloosheid, gekoekte drade en genade
2025-08-07"Soos om ’n briefie te
skryf vir ’n spook
en te stuur
in die wind"
Parnabestyger
2025-08-07"Moenie ’n klein venstertjie
vashaak aan my kis nie
ek wil dan niks saamneem"
Gansbaai
2025-07-31"Baie mense het dus oor die jare hier help bou
en kan ons sê ons weet vir seker nou:
“Wie maak vir Gansbaai lekker!”"
Vrede
2025-07-31"vrede is nie altyd ver nie;
lê nie altyd tussen woude of woestyne
of op oop velde nie."
Ek hoop
2025-07-31"vang my hart elke klank
in die holte waar ek jou bêre
in die hoop dat ek
jou weer sal vind"
Loopgraaf
2025-07-24"Hier op Ouklip se muur
bied ek eer en respek
vir dié wat alleen
in ongemerkte grafte sterf
vir volk en vaderland."
Skaduwees
2025-07-24"oor hoe onskuld
in skuld gedompel is
deur voorvaders
kerkvaders en verlorenes"
Dans van die reën
2025-07-17"Trippel, trappel, rittel
sag die stofkapittel,
druppels dans ’n rumba
afgewissel met ’n samba."
Vergif(sug)ting
2025-07-17"en vanoggend
by haar rotvangs
lê ’n vergifde nonnetjiesuil
asemloos langs my roosboom"
Die Son, die Maan, die Sterre
2025-07-17"en in die verte,
aan die hemelruim se wand,
knipoog
die stille Sterre"
Ouma Foenie
2025-07-10"Jou sitplek is leeg;
ek mis jou elke dag nog meer.
Dankie vir jou bakbroodresep –
ek sal dit met my hart bedek."
