
Foto: Canva
Rivier
Waar
naaldekokers
bo water helikopter
en die
visarend uit sy
woestynboom roep
waar
bobbejane in
die nagwind blaf
en die
volmaan oor
die heuwels karkoer
dis by die
Oranjerivier
van die Namib
dat strome
versnel en
jy stilte vind

