Die ongelowige

  • 0

Foto: Canva

Die ongelowige

Bid vir my voor dit te laat is
En ek verbleek hier lê
’n Skedel, ’n stel ledemate
Geen asemstoot, geen sê
Wit, soos die nokke van Paternoster
Van my eie kopkerk die priester, die koster

Wanneer die Vader
Die vleeslike tempel sloop
Bly oor: Liefde, Geloof en Hoop; en
Aan die einde van my aardse reis
As terminus – uit genade – tóg die Paradys

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top