Kartondoos in die reën

  • 0

Foto: Canva

Kartondoos in die reën

Jy struikel oor die balk in jou eie oog,
wys met ’n vinger na die splinter in myne.
"Jammer," sê jy,
"jy moes my seker verblind het."

Kommunis.

By die ontbyttafel spoeg jy gif,
vanaand breek jy brood
saam met dieselfde monde.
Wat’s op die spyskaart –  
gerookte slang?

Narsis.
Vol menings.
Of net vol van jouself?

Te besig om jou handsak leeg te skud
om te sien
die spieël binne-in is gekraak.

Begrafnis.
Trek jou pak reg,
politoer jou skoene,
politoer sommer jou gesig.

Vat ’n sambreel.
Dit reën buite.

Die karton gee stadig pad.
Ek sien presies
waar die doos is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top