Akkedis

  • 0

Foto: Canva

Akkedis

soms loer
jy vir my
deur ’n spleet
van my delicious
monster se blaar

ons speel
die een
sien nie
die ander nie

tot ek
op ’n klip
in die son
my oop palm
na jou uithou

en jy
koudbloedig
by my kom skuil

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top