Skyndood

  • 0

Foto: Canva

Skyndood

Dood is nie net leweloos nie
Beslis nie net asemloos, nie.
Nie net ’n hart wat ophou klop nie.
Ook nie organe wat hensop nie.
Soms ryp emosies mors-morsdood.
Brand uit tot as; kan selfs versmoor.
Jou hart kan klop, jou longe tip-top,
asemhaal, al is jy dood,
wanneer jou siel nie meer saamloop.

 ’n Siel wat opgegee het op hoop;
geen drome op die horison.
’n Dop.
Jou eie hel.
Die totale som van jou bestaan
is elke dag oorleef en opstaan
op die alarm se bevel.

Wanneer jy dalkies in die spieël kyk.
Sien jy kadawer of lewende lyk?

Al voel jou denke, emosies nou dood,
jy beheer nie die lewenswonder.
Jou brein se vermoë, ongelooflik
groot, kan jy nie verstaan of bedink.
Die ware jy is diep daar onder.

Lig op jou kop; al gryns jy, glimlag.
Ons sterf een keer, leef elke dag.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top