
Foto: Canva
my winkel
die hoëtrou-klanksisteem speel
’n Mozart-minuet
in foutlose kwaliteit
deur die winkelsentrum
oor die blink vloer
in suiwer klank
’n bloubrilraam-verkoopman
dans op die maat van
handelsnaamverkope-ritme
om die skreeuende hoë prys
van die Chinese plastiek
uit te doof
hoe nou gemaak
tussen so ’n verhewe lus
en die broodnodige familiekos?
die een sê
die genot is welverdiend
die ander sê
verdien eers die voorgereg ...
en toe ongestoord
maak my winkel toe

